top of page
Search

Die Intern 13

Updated: Jan 27, 2021

Fredds hardloop vir Josh in wat besig is om vinnig uit die hospitaal te loop toe die klas uit kom. ‘My Bruuu!!!’ Josh maak lyk asof hy nie hoor nie. Vir die tweede keer roep Fredds hom, en dit staan hy mooi stil by die hospitaal se uitgang. ‘Wat?’ ‘My bru ek is jammer, rerig.’ ‘Kom ek wys jou hoe jammer ek is.’ Josh gee vir Fredds een hou op sy mond, met sy veis. Fredds hou sy mond. ‘My bru wat maak jy?’ Fredds is baie kalm. ‘O jy soek nog?’ En nes Josh die tweede hou wil insit vang Fredds sy veis. En gee hom so twee van die beste veis houe in sy mag dat hy dadelik neersak en soos hy neer sak wil Fredds hom nog skop maar die security guards het hulle gewaar en dadelik die baklei gestop. ‘Ek sê los my! Los my man.’ Kerm Josh toe een van die security guards hom vas hou en probeer uit vat by die deur. Dit was nie eers nodig vir die security om vir Fredds vas te vat nie want hy was baie kalm. ‘Meneer verlaat assebief die gebou voordat ons die owerhede bel.’ Maak die een Security guard aan Fredds duidelik. Hy het net sy sak opgetel en maar uit die hospitaal geloop. Hy hou Nogsteeds sy mond want dit is kak seer. Gelukkig bloei dit nie. Hy stuur dan vir Roderick ‘n boodskap om uit te vind kan hy maar in die kar gaan sit tot sy volgende klas. Roderick laat weet hom dan dat dit reg is en dat die sleutel by hom moet kry. Eerste ding wat Roderick agter gekom het is Fredds se mond wat hy hou. ‘Wat makeer jy nou weer?’ Fredds dink vinnig aan ‘n leuen. ‘Tand Pyn my bru.’ ‘OOO jy moet dan liewer woonstel toe gaan.’ ‘Nee is nie nodig nie.’ ‘As jy so sê hier is die sleutel.’ Hy vat dan die sleutel by Roderick en is weg na die kar toe. Hy kan nie glo sy bra het hom geslaan en dit net oor ‘n Klein ou stry wat hulle gehad het. ‘Is hy regtig my bra?’ vra hy Homself af. Hy stel dan sy foon se alarm want hy wil ‘n nap vang en wil nie klas mis nie. Hy het vir 2 ure in die kar gesit en slaap en uiteindelik gaan sy alarm net betyds af hy stuur toe vir Roderick ‘n boodskap om die sleutel te kom kry. Proff Lara glimlag eintlik baie breed toe sy vir Fredds gewaar. En hy is nie juis excited om vir haar te sien of om in haar teenwoordigheid te wees nie. Maar hy het nie ‘n keuse nie. Hy gaan sit op hy en Josh se gewone plek. Josh kom die klas binne. Fredds weet nie moet hy opstaan of net daar bly sit, hy besluit dan om net daar te sit . En Josh kom sit langs hom. ‘Bra Fredds ek is jammer.’ Fluister hy. ‘Ek ook bra. Is ons nou goed?’ Fredds steek sy linker hand uit vir ‘n handshake. ‘All is good bra.’ hy vat Fredds se hand om aan te dui dat alles nou nxa is. ‘My bru ek moet sê die sagte hand pot mos kliphard, my wind was uit soos ‘n kers.’ Maar Josh weer ‘n grap. Fredds probeer om nie hard te lag, die klas het nog nie begin Prof Lara staan voor in die klas en wag vir dit om vol te raak. Dit is ironies hoe die twee een oomblik baklei en die ander oomblik maak hulle weer vrede. ‘My bru jy het my kwaai onverwags giving. My mond in nou nog seer.’ ‘Jammer bra Josh ek is kwaai high soos ek nou hier, sit.’ ‘Naai my broer en jy raak high sonder my? Geen wonder jy is haas mal…’ Josh wou nog vir Fredds terug antwoord maar Proff Lara het die klas stil gemaak en begin met haar les. Fredds kyk amper die heeltyd net in sy boek, hy kyk nie eenkeeer op of maak kontak met haar nie. Hy voel Nogsteeds walglik dat hy saam met haar geslaap het. Die dag het vinning geloop en Fredds bevind hom alweer in die staduim sit en wag vir Roderick wat besig is met opwarmings oefeninge. Fredds is op Whatsapp en skierlik kom daar ‘n boodskap vat Beatrice deur. B - Fredds ek het nog nie tyd gekry om afdrukke van die notas te maak nie maar sal voor Donderdag en dan sal jy op Vrydag dit kry. F - Geen probleem nie Bea. B - Ons maak darrem verwikkelinge glads (BEA) ek kan nog die eerste keer onthou toe jy my dit noem ons was in die moment agter in die seuns toilet op Valentines dag 2014, en dit is hoe ons, ons gogga create het. F - Dis was auto correct. Dit bedoel niks nie. EK het daai dag uit my geheeu uitgewis, ek stel voor jy doen dieselfde. B - Relax, suurknol. Jy weet net hoe om ‘n perfekte oomblik te bederf. F - Verwag jy ek moet hier sit en remince oor die ou dae? Ons is groot en wat ons gehad het is lankal verby. Ek is jammer ek was nie daar toe jy my nodig gehad het nei, ek is rerig jammer. Beatrice voel skuldig vir ‘n oomblik want hy vra dan tog Verskoning. Dan type sy weer. B - Fredds ek verge we jou, rerig. Fredds het nie eers terug reply nie, hy voel net ‘n las van sy skouer af, dus asof hy net dit wou hoor van Beatrice af.


3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comentarios


All Videos

All Videos

bottom of page