top of page
Search

Die intern 12

Updated: Jan 24, 2021

Beatrice lê op haar bed in haar kamer, sy het seker gemaak die deur is gesluit sodat Rov nie weer kan in storm soos laas keer nie. Sy is besig om haar Ma te bel. Die foon lui vir ‘n rukkie voordat dit voicemail toe gaan. En sy bel toe weer vir ‘n tweede keer en die foon lui en lui tot dat dit weer oor gaan voicemail toe. Sy sug ‘Waaar is die aunty nou weer!’ sy bel toe weer en bid laat haar Ma net moet optel. ‘Hello my Kind!’ ‘Uiteindelik! Waar loop ma hierdie tyd van die nag rond?’ ‘AArrgg nee Beatrice, dis mos nie hoe jy jou Ma groet nie. Ek was in die basement het paar van my ou klere daar weg gaan sit, en die foon het ek hier diep in my kamer gelos.’ ‘O want ek wonder nou waar is Ma weer besig. Het jy toe reg gekom?’ ‘Natuurlik, het ek die landlords van vandag is so dom hulle gee vir enige Jan rap en sy maat confidential information. Ek nog gedink ek gaan sukkel.’ ‘Goedso Ma. Ek ook gehuiwer maar het darem ‘n Plan B gehad sou ons nou sukkel om die kamer nommer te kry. Wat het Ma van sy kamer maat outgiving?’ Bea staan op en gaan sit voor die spieël en vir haarself dop hou terwyl sy wag vir haar Ma om haar in te lig. ‘Nie veel nie, hy is ‘n baie goeie seun kom van ‘n wel af gesin, maar sy swak punt is drama. En jy moes hom mos op Facebook uitcheck but die ou Aunty moet altyd die werk doen AIH Beatrice.’ ‘Hoe meen Ma nou? Besides die ou Aunty ken haar storie beter as die jong Meide, so good job ou girl.’ ‘Hy studeer drama en wil graag een van die land se beste akteurs word, so ek het ‘n plan hoe ons hom uit die pad gaan kry.’ ‘Uhhhm ek luister.’ Beatrice se Ma lê toe vir haar die plan voor in detail en sy hou nogals van die plan en glimlag soos ‘n kat wat sopas vars volroom melk gekry het. ‘Ma is ‘n boss. Rerig ek moet sê alles is brilliant.’ ‘Jy moet net instruksies volg my liewe kind en alles sal goed verloop moet nie kop verloor nie.’ ‘Ek belowe ek sal nie. Fredds Matthews gaan nie die sien kom nie.’ Sy baars weer uit met ‘n lag terwyl haar Ma nog aan die ander kant van die foon is. ‘Bea het jy medikasie gedrink?’ Vra haar ma vir Beatrice toe sy haar verspodige lag hoor. ‘Natuurlik het ek Ma.’ ‘Ek maak net seker want jy weet is beanery om jou medikasie te drink, as jy dit nie drink gaan jy weer terug na daai mal huis toe. En ons soek nie dit nie, RIGHT?’ ‘Sal Ma nou ophou karing asseblief, ek het my pille gedrink!’ Dus druk sy die foon in haar Ma se oor toe. ‘Verflaks dom Ma! Hoekom sal ek nou nie my pille drink nie???’ SY gooi haar foon op die bed en haal dan rooi lipstiek uit haar handsak en skryf op die spieël. Groot ‘FREDDS SE DAE IS GETEL.’ ‘Perfect! Sy baars dan weer uit met ‘n lelike lag. Voordat sy haarself neergooi op haar bed. Die volgende oggend is Josh en Fredds heel eerste wakker om te check of Roderick nog asem haal. Fredds het ‘n verskriklike kop pyn, en Josh wys nie eers ‘n teken dat hy Gisteraand dronk was of babelaas het nou nie. Die twee is na die bank toe waar Roderick oop lê sonder ‘n woord. ‘Hy lewe nog’ fluister Josh. ‘Dankie Here!’ antwoord Fredds kliphard. Roderick se oë raak dadelik oop. ‘Sien jy nou die onskuldige Roderick wakker gemaak.’ bars Josh met ‘n lag uit. ‘Ouens man! Kan julle nie laat ‘n man nog ‘n bietjie slaap nie is nog vroeg om so aan te gaan.’ Roderick is nog lekker deur die slaap maar sy stem toon was bo die dak. ‘Die son is al uit my bru. Jy vergeet ons moet nog na ons flat toe gaan.’ Josh gaan in die Kombuis om Coffee te maak vir almal terwyl Fredds vir Roderick op help. ‘Ja Fredds so lyk braai nuh?’ Josh lag lekker in die Kombuis.’ is dit wat Fredds vir jou gesê het?’ ‘Ek moes net ouens anders sou Roderick nooit eers vir my gebring het of eens gebly het.’ ‘Roderick is jy dan so erg?’ vra Josh uit die Kombuis terwyl hy wag die ketel om af te slaan. ‘Ek is nie, alles wat ek gelees het oor rook en alkohol, maar my net bang.’ Dan antwoord Fredds ‘Ja hy ken meer oor wat alkohol aan die lewer kan doen as wat ek en jy ken bra.’ ‘Vrek,wat studeer die bra dan?’ ‘heey julle gaan nie so van my praat in my teenwoordigheid nie.’ spring Roderick in. ‘is ‘n James Bond in die making hierdie.’ antwoord Fredds Josh se vraag. Josh bring toe die coffee aan wat hy gemaak het. ‘Nee bra jy kan maar kom medies saam met ons studeeer want jy kan meer as wat ons ken.’ Roderick het maar niks gesê nie, hy net die coffee gevat en voor hom neergesit terwyl hy sy kop vas hou. ‘Kop pyn?’ vra Josh ‘Ja’ antwoord Roderick. ‘Okay ek kry nou vir jou iets.’ Josh gaan dan in sy kamer en bring pyn pille vir Roderick, Fredds kyk vir Josh met ‘n aandag. Dit kom vir hom voor dat Josh meer as net ARV’S steel. Maar hy sê maar niks nie. ‘Dus nou tyd om huistoe te gaan.’ Maak Fredds die duidelik nadat hulle klaar die Coffee gedrink het. ‘As jy kon bestuur kon jy nou bestuur het, want die kop pyn gee hel nou en ek kan nie op ‘n leë maag die pil drink.’ ‘Wel jy sal maar nou net moet bestuur jong.’ Die twee is pratend uit by Josh se flat deur.


5 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page