top of page
Search

Die Intern 11

Updated: Jan 15, 2021

“My bru ek dog jy sê is ‘n braai ek sien net rook en alkohol.’ Maak Roderick ‘n opmerking die sekonde toe hulle hul voete op Josh se buurman se eiendom sit. ‘Chill bra vanaand wys ek jou hoe word dit gelewe.’ Verseker Fredds vir Roderick. Die is die einste buurman wat Josh voor pille steel hy is ‘n drug dealer. Josh is in die huis terwyl Roderick en Fredds buite staan saam met ‘n klomp ander mense. Josh kom uit met twee zolle. Hulle vind toe ‘n spot in die yard om te sit. Die lekkerte het net begin, Fredds wou eers nie ‘n skyf vang nie maar nadat beide Fredds en Josh Opgedruk het, het hy ook maar voort gegaan. Dit was sy eerste keer en nes Fredds sien hy al die wonder like goed. En vir die ander twee is hy nou die grap. ‘My naam is Roderick, my Ma noem my Roderickie, ek het ‘n korrel koppie.’ Roderick het nou vir hulle ‘n toneelstuk opgevoer. ‘Dit rhyme nogals brother Roderick.’ vaal ‘n lagende Josh uit. ‘Dit hou so aan my bruh.’ chorus Fredds. ‘Ek kan nie my gesig voel nie.’ kerm Roderick. ‘Moet nie uit freak nie ek gaan ky vir on Shots my bru dan sal jy jou gesig voel.’ Josh is vinnig in om vir hulle Vodka te gaan kry. Fredds lê soos hy lag, ‘Wat het gebeur bra ek dog jy sal nooit.’ ‘Never say never van Justin Bieber.’ antwoord Roderick terug. ‘Ek hou van die Roderick.’ Lewer Fredds komentaar. ‘Jy sê altyd mens lewe net eenkeer, vanaand is die Erinstige Roderick by die huis ek is Roderickie!’ Fredds vrek soos hy lag want die ou is nou omtrent los gelaat. Josh kom terug met ‘n bottle Russian Bear en ‘n bottle sprite en drie plastiek glasies. ‘Kom ouens ek is terug.’ Hy skink dan vir elkeen ‘n lekker shot. ‘Kom net een sluk.’ Hy deel vir elkeen ‘n glas uit en tel tot drie en al drie van hulle sluk die shot soos niks. ‘Damn daai brand heavy met die afgaan.’ Trek Roderick ‘n gesig. ‘Moet my nie sê is die bra se eerste Kuier? Fredds?’ ‘Dit is sowaar hierdie man het nog nooit alkohol of dagga oor sy lippe gehad nie.’ ‘Nee, nee dan moet ons nog twee skoon shots vat om sy kuier virgin te breek.’ Josh is ‘n man van sy woord en dit maak hy seker dat hulle die twee skoon shots vat. ‘Vrek hoe gaan ons woonstel toe, ek kan nie in so ‘n condition bestuur nie.’ Josh verseker hulle dan ‘ Arg nee man ouens, julle kan oorslaap by my ek verwag nie julle moet in sulke toe stand ry nie. Een op die bank en een kan die bed met my deel.’ ‘Ek deel nie ‘n bed met ‘n ander man nie.’ kerm Fredds. ‘Ek ook nie ek slaap op die bank.’ Lewer ‘n dronk en high Roderick ook komentaar. ‘Wat sal ek tog maak? Ek doen nie dudes unless een van julle?’ Albei antwoord gelyk ‘Nie een van ons nie!’ ‘Nou dan gaan julle maar my bed deel en ek sal maar die bank vat aangesien julle so ongemaklik is om met te slaap.’ ‘Nee bra ons is reg Roderick sal die couch vat ek sal maar agter jou rug lê.’ ‘Daar is nie fout nie bra.’ lag Josh. Die kuier het aangegaan tot middernag toe en toe hulle moes opstaan om te loop, slaan Fredds soos ‘n bees neer. Dit het beide Fredds en Josh gevat om hom op te tel en om na Josh se plek te lei. Een arm om Fredds een arm om Josh. ‘Dus nou wat alkohol doen bra is jy okay?’ wil Fredds weet. Roderick kan skaars ‘n woord uit kry. Toe hulle binne Josh se plekkie is en hy die lig aan sit kom hulle agter dat Roderick se lip bloei. Fredds freak dadelik uit. ‘Roderick is jy oraait? Roderick?’ ‘Wag kom ons sit hom op die bank.’ Fredds het voor Roderick gesit ook maar lekker dronk en smeek dat Roderick hom moet Vergewe want dus sy skuld dat Roderick so lyk. Terwyl Josh na die badkamer toe gegaan het om ‘n nat waslap te kry. ‘Hy het op sy mond geval, niks major Bra Fredds relax, sy lip is net stukkend.’ Josh moet maar vir Fredds bedaar want die skuld gevoelens is nou kwaai erg en nou speel dronkenskap ook nog ‘n rol. Josh kon die bloed stop met die nat waslap. Roderick is in sy eie wêreld sy oë is oop maar geen woorde kom uit sy mond uit. ‘O Vader is hy nie besig om hories te kry nie?’ Vra Fredds vir Josh. ‘Nee ek sou weet, ons sou weet ons doen mos hierdie goed. Hy moet nou net slaap hy sal reg is môreoggend.’ Hulle lê vir Roderick op die bank neer en die tweetjies loop, sleep voet na Josh se kamer albei gooi hulle full kit op die bed en snork laat die dak lug.


4 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page