top of page
Search

Die Intern..

Updated: Dec 11, 2020

Vir Freddie voel dit asof die wźreld aan sy voete is alles goeie dinge gebeur in sy lewe. Hy het in 2015 sy matriek suksesvol voltooi en sy hele lewe het voor hom gelê, hy het Varsity in 2016 begin. Hy het nog altyd die passie gehad om met mense te werk dus toe hy die geleentheid kry om medies te studeer het hy dit met albei hande aan gegryp. Hy het van kleins af begin diere opereer en al het sy ouers hom altyd die dood belowe omdat hy die honde se bene in bandages toe gedraai het, het hy dit net weer en weer gedoen. Hy het nie juis ‘n gelukkige ‘Childhood” gehad nie. Sy Pa het gereeld aan sy Ma geslaan, en dit voor hom en sy sister. Maar hy het hard gewerk om die omstandighede te onstnap en dus het hy besluit om uit Knysna te kom, hy het soveel opsies gehad en toe het hy besluit om sy studies veder by die Varsity van Natal te kom voltooi. Die dag toe hy op die bus klim het hy die klip terug gegooi, hy het nooit rerig weer in kontak met sy familie gekom nie. Nie eers sy sister. Dus asof hulle nie meer vir hom bestaan nie. Hy is nou al 2 jaar van die huis af weg. Die sonlig stroom deur die ligte gordyne en val op die donsige, wit duvet. Freddie trek sy asem diep in en Kyk na die horlosie wat besig was om ’n geraas te maak. Hy besef hy moet opstaan en klaar maak vir klas. Vanoggend dink hy weer aan sy gesin wat hy agter gelaat het in die hande van ‘n monster. ‘As ek maar net jare kan stoot en ‘n beter lewe sonder my Pa vir hulle kan provide.’ Hy is nog nie heeltemal wakker nie maar ‘n traan verlaat sy een oog. Hy voel soos ‘n buffel omdat hy hulle agter gelos het en nooit eers een vakansie gaan kuier het nie, en nie eers ‘n brief gestuur het vir die Kerfees wat verby is nie. Hy staan dan op en loop na die badkamer om te pee en soos hy staan en pee kyk ky Homself in die spieėl en praat met Homself. ‘Ja Freddie, jy het daai lewe survive deur al die geraas deur al die slanery deur al Mommy se trane en gaskreeu. So nou moet jy ‘n sukses van Varsity maak en ek weet die druk is kwaai nou maar jy moet push my laaitie.’ Nadat hy klaar gemaak het is hy Kombuis toe waar Roderick besig was. ‘Aweh Roderick, Wat maak jy vir breakfast?’ Roderick is sy roommate hulle twee deel ‘n flat. Roderick studeer drama en is nie juis ‘n extrovert soos Freddie. Die twee is die perfekte kombinasie want niemand pla vir niemand nie, maar as kamer maats is hulle baie besorg oor mekaar. ‘Ey Fredd! Weetbix my bruh daar is nie tyd om vanoggend ‘n five- star meal aanmekaar te slaan nie.’ Freddie het op ‘n stoel in die Klein kombuisie gesit en wag vir Roderick om vir hom ook weetbix te maak. ‘Wat ‘n way om die dag te begin. Weetbix naai my bruh.’ Roderick is gewoond daaraan om vir hy en Freddie breakfast te maak dit is sy afdeling om kos te maak. ‘Jou student kaart het mos geld op jy kan mos op Kampus vir jou iets koop om jou mag te level.’ Freddie het sy kop geskud terwyl Roderick die weetbix voor hom neer sit. Nadat albei geėet het, pak hulle hul tasse met die boeke wat hulle nodig gaan kry vir die dag. Roderick het ‘n motor so Freddie of 'Freds' soos hy hom noem vang elke oggend lift by hom as hulle albei vroeg klas het. Hulle bly eintlik ‘n loop afstand van die Varsity af, maar lui is niemand se speel maat nie. ‘Speel daai Early B liedtjie daar,’ Ek gaan deur ‘n druk!’ ‘Sit jou foon in bra, jy weet ek luister nie rap nie ek is by RnB.’ Dus toe Freddie sy foon connect om die rap track te speel wat hy soek. Dus vir hom vreemd dat Roderick RnB luister, maar hy het maar Roderick se weirdness aanvaar vir die twee jaar wat hulle nou al saam bly. ‘Ek gaan deur ‘n druk maak nie saak hoe seer dit is solank jy net tevrede is ek gaan my way jy jou way….’ Roderick het vir Freddie by die mediese hek afgelaai, wat basies voor die hospitaal was, hulle is tans besig met prakties. Freddie het vir Roderick gegroet en dapper die hospitaal deur binne gegaan met sy wit jassie en sy sak op sy rug. Vandag oefen hulle op lyke. ‘Goeie dag studente! Soos julle weet vandag speel ons bietjie met dooie mense. Hoop julle is reg en maak seker julle vat notas want ek gaan beslis die in die toets vra. Het Proff Francis aan al die wit baatjies wat rond om hom staan aangekondig. Freddie het alreeds ‘n klomp vriende hier tussen die ander studente gemaak. Josh kom staan langs hom hulle is goeie vriende van eerste jaar af. Die twee is basies die enigste bruin mensies tussen die verskeie rasse. ‘Aweeh is jy gereed vir die ding?’ ‘My bruh ek het geparty die naweek so ek het nie ‘n boek oop gemaak nie. Jy moet my maar help bra Freddie.’ ‘Daasi fout nie my bruh!’ Josh is die party tipe, hy party soos in elke naweek. Dit is net in sy bloed, maar snaaks genoeg weet hy hoe om te prioritise. Almal stap ewe dapper agter die professor na die yskasse toe waar die lyke almal mooi in ‘n ry lź. Die meisies het behoorlik gegil toe Proff Francis demonstreer hoe om ‘n kidney oorplanting te doen, somige van hulle het uit gehardloop om op te gooi. Die Prof. het ‘n opmerking gemaak; ‘Die is nie vir pap broeke nie.’ Freddie en Josh en paar ander wat nie bang of naar geword het nie het daar gestaan en die hele spektakel aanskou. Vir Freddie was die klas baie interessant hy weet Huidiglik nie waarin hy wil spesialiseer nie en dus vind hy elke Praktiese klas baie interessant. Na die Praktiese klas is hy en Josh cafeteria toe om koffee te kry. ‘Freddie,Freddie!’ Roep ‘n oulike bruin meisie wat amper soos ‘n Indian lyk. En dus kyk hy om,om te sien wie hom roep. Hy ken haar maar voordat hy nog ‘n woord kon uit kry versmoor sy hom met ‘n stywe drukkie. Hy is verbaas, maar die oomblik toe sy hom los vra hy haar hoe dit met haar gaan. ‘Dit gaan goed dankie. Vandat jy uit Knysna is nuh. Jy het omtrent die klip terug gegooi.’ Dit is een van Freddie se hoėr skool flings dinge het nie juis uitgewerk tussen hulle twee. ‘Wat kan ek sź daai plek het te veel bad memories. Wat soek jy hier?’

3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page