top of page
Search

Die Agency 8&9&10

Updated: Jul 10, 2020

Sy maak haar reg vir oorlog sy gaan haar handlanger oor 15 minute in die parkerings area ontmoet van die Koekeloer Winkel.

Die tyd het aan gebreuk.  Savannah verlaat haar kantoor.

Sy ontmoet die handlanger, sy het ‘n swart hoodie aan met ‘n balaklawer oor haar gesig sodat niemand haar kan erken, sy staan effens in die donker van die parkerings area, dan skierlik sien Savannah haar, sy loop stadig nader maar loer dikwels oor haar skouers om te sien wie, sien haar.

Louise (Die handlanger): Ek het geweet jy gaan een of ander tyd weer van my dienste gebruik maak,jy sę net wie, wanneer en waar en ek doen dit vir jou Savannah!

Savannah: Ek wil einlik opgehou het met hierdie dodgy goed van my maar die persoon wat ek wil hę jy moet dood maak gee my nie juis ‘n keuse nie.  Hy weet dat ek van Trevor onslae geraak het.

Louise: Waarom het jy in die eerste plek laat ons van Trevor onslae geraak het?

Louise ken duidelik ook nie Savannah se diep geheim nie, sy doen ook maar net wat sy van haar vra omdat sy die geld nodig het.

Savannah: Hoe minder jy weet hoe beter, kom ons sę hy het ‘n geheim van my geken, en nou is daar nog iemand wat dit ken.  Hierdie man se naam is Pieter Naude.(Dan handig sy ‘n koevert oor aan Louise), kyk vir my wat jy kan uit vind van hom en laat weet my voor môre en dan sal ek verder besluit wat om te doen.

Louise: En onthou ek is nie goed koop nie, noudat jy jou eie besigheid besit weet ek jy het geld so ek stuur jou my prys.

Savannah: Oraait, maak nou laat jy hier weg kom voor iemand jou sien.

Louise: Nice doing business with you Savannah!!

Louise verlaat dan die perseël.  Savannah is op haar senuwees sy weet nie wat om te verwag nie, die Pieter man klink nogals baie gevaarlik.

Sy gaan dan weer na haar kantoor maar doen heeldag niks nie, sy is duidelik frustreerd.

Dan is daar skierlik ‘n “KLOP” aan die deur.

“Wie kan dit dan nou wees”, dink Savannah….

Savannah: Het ek nie gesę ek wil nie vandag gepla word nie.

Haar man kom binne.

Alvin: goeie middag my lief.

Savannah : Wat soek …

Alvin: Ek wil iets special vir jou doen.  Jy stress te veel die afgelope tyd toe dink ek, ek kom verass jou met middag ete, dit is jou gunsteling Chinese kos!

Savannah wil nog vir Alvin woorde gee maar dan dink sy, sy kan hom nie heeltyd afjak nie hy gaan sien dat daar fout is en soos sy hom ken gaan hy begin te krap en hy is die laaste ding wat sy nou wil verloor.

Savannah (Glimlag breed): Jy is al te duurbaar my man! Hoe het jy geweet ‘n bord Chinese kos is al wat ek nou nodig het.

Alvin: Ek ken mos nou al vir Mev Swanepoel so goed, baie lief vir haar Chinese kos.

Dan staan Alvin op en loop tot agter Savannah se lessenaar en begin haar te soen.  Die tweetjies geniet hulle baie, hulle voer mekaar en vir ‘n oomblik vergeet Savannah van alles, wat besig is om te gebeur.

“Kom nou, kom nou dans met my! Altwee handjies in die sy: trap -trap hier, trap - trap daar, altwee voetjies bymekaar.

"Hakke, tone, kap,kap,kap! Handjies same klap, klap, klap. Polka dot hier, Polka dot daar. Hop - sa -za, die dans is klaar."


CHAPTER 9

Dit is Saterdag oggend en Alvin het die huis vroeg verlaat. Hy het golf gaan speel met een of ander sake man.   Savannah het laat geslaap omdat hulle tweetjies ‘n lang nag gehad het.

Savannah het 10:30 uur wakker geskrik toe sy die huis foon hoor lui.

Sy het dadelik opgestaan en dit geantwoord, dit was Katrina, sy het gebel om te laat weet dat sy nie in gaan kom vandag nie.  Savannah het vir die eerste keer gesimpatiseer toe sy die rede hoor waarom haar huis hulp nie kan inkom vandag nie.  Savannah lag saggies met haar self en onthou Katrina’s se Wit T’shirt met die woorde op “I’m Too Sexy for my Shirt.”

Sy wonder waar of wie dit vir haar gegee het.

Savannah het toe kombuis toe gegaan om vir haar onbyt te maak, maar dan kom die gedagte op van Pieter, sy wonder nog steeds hoe hy van haar geheim uitgevind het.  Dan tel sy haar foon op en kontak vir Louise.

Louise: jy kan ten minste sę goeie môre!

Savannah: Ek het nie lus nog vir jou …Dan word sy naar en hardloop badkamer toe.

Louise: Is jy nog daar??

Savannah: Uhm ja ek is jammer.

Louise: Ek het nog niks uit gevind.  Ek sal jou bel sodra ek iets van Pieter uit gevind het.

Savannah het niks verder gesę en net die foon in Louise se oor gedrop.

Sy voel skierlik nie reg nie, maar reageer nie daarop en gaan aan soos gewoonlik.

Sy begin stress, sy het niks om te doen nie, en vir die eerste keer begin sy haar besig hou.  Sy is hard besig om die huis skoon te maak.  Sy het nie juis vriende wat sy kan gaan “KUIER” nie, en om die huis skoon te maak help haar om ‘n bietjie van die realiteit te ontsnap.

Daar is baie werk en die huis self is ‘n Paleis.  Dit lyk nie of Katrina hierdie huis ordentlik skoon maak; mompel Savannah terwyl haar gesig nat van die sweet is en die druppels sweet rol so tussen haar borste...

Skierlik is daar ‘n klop aan die deur!

Savannah wonder wie hierdie tyd van die dag na haar toe sal kom.

Sy vee die sweet af met ‘n stowwerige lap.  En skreeu “EK KOM”.

Sy kry koue rillings toe sy nader aan die deur stap.  Sy hoop dat dit dalk ‘n vriendelike buurvrou is met ‘n lekker koffie en beskuit is, maar toe sy die deur oop maak is daar niemand.  Maar tog voel dit asof iemand haar dop hou.  Sy maak die deur so vinning as moontlik toe en sluit dit.

Haar hart begin ontsuimig klop, sy hardloop na haar foon en bel dadelik haar man maar sy foon lui en lui net.  Sy weet nie vir wie om nou te bel nie.  Want sy voel nou onveilig in haar eie huis.

“Savannah jy is mos nie ‘n bang broek nie” fluister sy vir haarself.

Sy maak die laai in die kombuis oop en haal dan ‘n skerp mes uit, sy maak die kombuis deur stadig oop en gaan  na buite, sy is kaalvoet sy loop om die huis, maar dar is geen teken dat daar iemand in die yard was nie.

“Eina Demmit” sę Savannah woedend en laat val die mes.  Iets skerps het haar in haar voet gesteek sy hop op haar een been tot die stoep en haal die glas stukkie versigtig uit. Die Hop-Hop het haar linker knie nog erger seer gemaak.

Sy hoor skierlik ‘n stem.

“Goeie môre Savannah of sal ek se Mev Swanepoel?”

Wie kan die tog wees? Vind uit in die volgende Chapter.

Chapter 10

Savannah skrik so groot dat sy amper nie ‘n woord uit kan kry nie.

Pieter: Surprise - Surprise!

Savannah ( nog woedend): What the hell are you doing here?

Pieter (kalm met ‘n skelme glimlag): Wat dink jy doen ek hier, ek het seker kom maak dat jy nog "on board" is met my planne, onthou ek is nie Trevor wat jy van onslae geraak het nie, en ek weet jy beplan iets, jy beter dit nou stop voor ek jou gaan expose.

Savannah (Geskrik): Asseblief verlaat my huis voordat my man jou hier kom kry! En ja ek is ‘On Board” jy sal die geld voor vanaand kry.

Savannah het nie juis ‘n keuse nie, want Pieter weet dan nou dat sy vir Louise aangestel het om onslae te raak van hom, sy raak al hoe banger en banger! Hierdie Pieter man is nie, ‘n maklike teiken soos Trevor nie.

Pieter: Ek hou elke movement van jou dop! So don’t try something smart that you’re going to regret! Verstaan ons mekaar?  Dan verlaat Pieter haar huis met ‘n skelme glimlag op sy gesig!

Savannah staan vinnig op en hop op haar een been tot by die deur en sluit dit, dan loer sy deur die kombuis venster of Pieter rerig weg is.  Hy het verdwyn!

Dan word sy weer naar en kry nie nog kans om badkamer toe te hardloop nie, sy mors sommer op die kombuis vloer!

Sy voel skierlik baie duis lig! En val binne in haar gemors (opgooisels).

Savannah lę nou al vir 3 ure bewusteloos op  die kombuis vloer!

Toe Alvin uitendelik arriveer is hy uit gesluit, hy het nie sleutels saam gevat toe hy vanoggend gaan golf speel het nie.  Hy klop en klop, maar geen antwoord nie.  Hy bel haar foon maar dan hoor hy dit lui in die huis.  Hy gaan garage toe om seker te maak dat sy nie dalk iewers is nie, maar tot sy verbasing sien hy haar kar daar staan.  Dan onthou hy dat daar ‘n spaar sleutel is in die blom pot by die agter deur op die stoep.

Hy gaan toe om die huis en vind die sleutel in die blom pot, hy sluit die agter deur oop en gaan binne!

Hy begin Savannah roep maar geen antwoord nie, toe hy die kombuis uiteindelik binne gaan sien hy, sy vrou lę daar.  Hy maak nog ‘n grapie, dat sy op die grond aan die slaap geraak het want hy kon sien dat sy besig was om die huis skoon te maak, Alles skoen te maak. Die skoonmakery is haar manier om in beheer te bly.

Hy kom nader en probeer haar wakker maak maar dan sien hy die opgooisels en hy besef dat iets fout is met Savannah! Hy probeer haar by bring maar sy reageer nie. Hy voel dan haar pols.  Dit klop baie swak.  Hy wil nog die ambulans bel maar dan dink hy hulle gaan dalk nie betyds kom.

Hy gooi toe vir Savannah oor sy skouer en hardloop uit en laat haar lę op die agter stoel van die kar.

Alvin: Hou aan my lief, ek sal nie laat dat jy my verlaat nie.  My lewe sal ‘n nagmerrie wees sonder jou!

"Dus ironies hoe Als sy lewe sonder Savannah nie kan in dink nie, lewe sonder Savannah sal einlik ‘n goeie ding vir hom wees, want Savannah is soos ‘n twee kop slang!"

“Trippe, trappe, trone
Varkies in die bome,
Koeitjies in die klawer.
Perdjies in die hawer,
Die gansies op die groene gras,
Die eendjies op die waterplas.
Ek wens dat kindjie groter was 
Om al my diertjies op te pas.”






17 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page