top of page
Search

Die Agency 6&7

Updated: Jul 8, 2020

Savannah hou haar kop vas. Sy weet nie watter kant toe nie. Dan skierlik gaan die deur agter haar oop, sy skrik groot en fromel dadelik die papier op en gooi dit so gou as moontlik in die vulis drom. Dus Alvin wat die studeer kamer binne kom. Alvin: Jammer vrou lief, as ek so onverwags binne gekom het, ek moet gou net ‘n dokument kry. Savannah is diep in gedagte sy hoor skaars ‘n woord wat Alvin uiter. Savannah baars skierlik uit in trane. Hoe is dit moontlik?? Alvin het geen idea waaoor sy vrou in trane uit baars nie, hy stap stading nader en probeer haar troos. Alvin: Wats fout?? Savannah (Begin skreeu soos ‘n duiwel besete): Los my net uit Als loop asseblief. LOOP!! Alvin : Ek gaan nęrens voor jy my nie sę wat aan gaan nie. Savannah: Ek sę mos loop! Ek is Oraait. En voor Alvin nog ‘n woord kan sę ruk sy haar los uit sy arms en verlaat die studeer kamer. Alvin staan daar en dink wat het hy weer verkeerd gedoen, skoon vergeet wat hy kom soek het in die studeer kammer. “As mense my gesę het getroude lewe is so ingewikkeld sou ek nooit getrou het nie alles wat ek doen is verkeerd” staan en praat Alvin met homself. Hy probeer sin maak van wat nou net gebeur het want sy was dan heel vroeëlik. Savannah storm in die slaap kamer, sy weet nie meer watter kant toe nie, sy begin die kussings van die bed af gooi. Dan kom die gedagte by haar op dat sy die brief in die vulis blik gegooi het, en dat Alvin nog steeds daar binne is, sy hardloop vinning na die studeer kamer. Sy maak die deur saggies oop, sy sien Alvin is nog besig daar binne. Savannah: Jammer ek het my skoot rekenaar vergeet, Sy staar na die vulis blik, ek wil sommer die vulis gaan uit gooi dus hopeloos te veel. Alvin: Lief is jy oraait? Savannah: Ek is jammer omdat ek nou so ‘n tantrum gegooi het, ek is nie oraait nie dit is die werk. dit raak te veel vir my en ek het sopas ‘n groot kontrak verloor(lieg sy behoorlik). Dan stap Savannah nader en gee Alvin ‘n soen op sy wang. Alvin: Ek verstaan my lief, as jy my nou kan verskoon ek wil hier klaar maak sien jou in die kamer. Dan vat Savannah die vulis blik en stap baie vinnig uit. Nadat sy die brief uit die vulis blik gehaal het gaan maak sy dit leeg. Sy lees weer die brief, Agter op staan “Bel my as jy wil hę ek moet dit ‘n geheim hou” met ‘n nommer. Savannah voel verpletterd, hoe het hierdie Pieter Naude man van haar geheim uit gevind? Dit is net Trevor wat weet maar hy is dan dood. “Pieter weet nie saam met wie hy mors nie, hy ken my duidelik nie” sę Savannah met wraak in haar oë. “Huis, paleis, pandokie, vark hok”, Savannah het gedink haar geheim was begrawe saam met Trevor, hoe het hierdie Pieter man haar geheim uitgevind.? CHAPTER 7 Savannah is vroeg wakker, sy dink aan ‘n manier om onslae te raak van Pieter. Sy het vinning in die stort gespring en vir Alvin ‘n soen op die kop gegee, hy is nog aan die slaap. Dit is vrydag, en die Kaapstad shoot is dinsdag. sy het baie om te doen, maar sy bel toe een van haar werknemmers, om die kontrak oor te neem. Bonita is vanoggend laat. Savannah (Frustreed) : Waar is daardie dom, assistant van my vanoggend? Niemand antwoord vir Savannah nie, almal ignoreer haar vraag. 30 minute later ariveer Bonita, die anders het haar klaar ‘n waskuwing gegee oor Savannah se “MOOD” Ek strip sommer my moer vir daai goose! het Savannah geskree. Bonita: Goeie dag mev jammer omdat ek ….. Savannah onderbreek vir Bonita. Savannah: waar was jy? Ek soek jou al heel oggend? Vervlaks. Bonita: my ouma het siek geword en toe moes ek in die middle van die nag vir haar hospital toe vat, ek het nou net by die huis aan gekom en toe moes ek net vinnig stort. Savannah: Run ek ‘n charity hier? Huh? Lyk dit of hierdie ‘n episode is van “Noot vir Noot” waar ek sing en jy dans.???Ek gee nie ‘n duiwel om wat jou ouma makeer of sy nou haar heup gebreek het of haar nek, ek soek jou ten alle tye betyds by die werk verstaan ons mekaar? Bonita voel vernederd sy skud maar net haar kop. Savannah: Kanseleer al my afsprake, en maak seker dat Liezel hierdie dokumente kry, sy werk nou aan die Kaapstad shoot. En kry vir my ‘n sterk koppie kook warm koffie van die masjien af. Dan verlaat Bonita Savannah se kantoor. ‘Vandag is die dag, wat ek hierdie ding gaan eindig” dink Savannah. Sy tel haar foon op en bel vir Pieter. Pieter: uitendelik die beroemde Mev Swanepoel. Savannah: Luister ek weet nie waar jy daardie informasie gekry het nie, maar duidelik het jy die kat aan die stert beet. Jy het niks teen my nie. Pieter: Ons sien wat dink die polisie van hierdie informasie en bewys wat ek het. Savannah (sug): OKAY! Wat soek jy van my af? Pieter: Gee my ‘n werk, en nie ‘n sloppy job nie, en maak seker dat ek ‘n maatskappy kar kry en ek soek R10 000.00 in my bank rekening môre aand anders gaan blap ek by die polisie. Savannah drop die foon in Pieter se ore. ‘Die vark ken nie met wie hy besig is nie, hy ken nie vir Savannah Swanepoel nie” sę Savannah woedend. Savannah tel dan haar foon op en bel een van haar skoot handlangers. Savannah: Ek het ‘n job vir jou ontmoet my in die parkerings area van die “Koekeloer Winkel”. "Hansie slim, berg wil klim in die wye węreld in. Stok en hoed, pas hom goed. Hy is vol van moed. Maar die moeder hart voel seer. Hans is in die huis nie meer. Hoor nou net Moeder sug hardloop gou gou terug."

14 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comentarios


All Videos

All Videos

bottom of page