top of page
Search

BEGEERTES 9

Updated: Dec 4, 2020

‘Alles gaan alright wees Boetman, dit is nie juis maklik vir ‘n ouer om te hoor jou seun of dogter is GAY nie so gee jou ouers net tyd ek sal môre ‘n draai maak om met hulle te praat ons almal gaan deur emosies maar ek besef om vir Johannes weg te jaag en van die hand te wys gaan nie van my ‘n beter ouer maak nie want soos my vrou vroeër gesê het jou sexualiteit verander nie wie jy is as ‘n mens nie. Maar ons WêRELD is so vol haat dat ons nie sien dat almal net mens op die einde van die dag is nie. ‘Oom Willem het met soveel seer gepraat maar elke woord wat uit sy mond kom maak sin. ‘Dankie oom, en dankie jy en jou vrou julle huis vir my oop maak ek is dankbaar.’ Gaan ek voort met soveel seer in my stem. Johannes het langs my gesit agter baie besorg hy sy hand oor my rug gevryf. ‘Dankie Pa, en onthou Basil ek is hier ons gaan die pad saam loop want trust my die gaan nie ‘n maklike pad wees nie maar ons het mekaar ons hoef nie aleen deur dit te gaan nie.’ Maklik vir hom om te sê hy is nie uitgegooi nie, sy MA avoid hom nie of laat toe dat ‘n vreemdeling hom uit smyt. Maar ek sê maar niks en beweeg net my kop op en af om aan te dui dat ek verstaan. Dus kom ons by Johannes hulle se huis. Annemarie het my ingewag by die deur met ‘n stywe drukkie. ‘Ek is jammer my kind ek is so so jammer.’ Dus loop die trane van haar wange af. ‘Dus okay tannie.’ Gaan ek voort. ‘Ek die spaar kamer vir jou voorberei loop agter my aan.’ Die huis is groot binne en ek Agtervolg vir Annemarie en Johannes loop agter my aan met die swart sakke vol my klere. ‘Jy kan jou Bemaklik maak.’ Gaan Annemarie voort. ‘Dankie weerheens.’ ‘Dus geen probleem.’ En dus verlaat sy die kamer. ‘Ek is jammer Basil dit sowaar alles my skuld ek gedink jou ouers sal meer open minded wees.’ Johannes sit langs my op die bed. ‘Jy hoef nie, as jy net dan was ons vir jare en jare vas Gevang in Fatima en Jimmy se dreigemente, maar sal jy my nou verskoon ek wil net slaap.’ Dit voel asof ek hom wegstoot. En dus staan hy op hy sluk Behoorlik die knop in sy keel. ‘Ek verstaan nag Basil.’ en dus loop hy uit by die kamer deur. Skierlik voel ek die koue soos ek lê ek kan nie my trane stop nie alles speel in my kop op hoe David my uitgesit het en Fanny daar gesit het sonder om enige iets te doen. Ek het behoorlik die kussing sop nat gehuil. Dus middernag voel ek ‘n paar arms om my. ‘Dit gaan okay wees.’ Fluister Johannes in my oor. Hy het my styf vas gehou en my passie vol gesoen. Daar sal vrede wees, daar sal oorlog wees, daar sal blydskap wees, daar sal hartseer wees…Maar die son sal gaan sak en die son sal weer opkom. Ek sit en lees ‘n quote op Facebook. Terwyl Johannes in die stort is, en dus kom daar ‘n boodskap van Fanny deur. ‘Jy moet sorg dat jy die res van jou goed kom haal jy is NIKS VAN MY NIE, ek soek jou nie naby my nie, jy het my sister se huwelik omgekrap met jou wilde Aantuigings en nou gaan jy teen God se woord. Jy is ‘n disgrace vir die samelewing ek is ewig spyt ek het jou in die lewe gebring as ek geweet het, het ek ‘n ABORSIE gemaak.’ Die trane stroom van my wange af soos ek haar boodskap lees. Wat verstaan sy nie? Ek het nie gekies om so te wees nie. Wie sal ‘n lewe wil kies waar jy constantly gejudge word? WIE? Wat my die SEERSTE maak is dit kom van my eie MA af die vrou wat geboorte aan my gegee het. En dus type ek haar ‘n boodskap terug ‘Mammie ek is jammer,Mammie kan nie die aan my doen nie ek smeek… Mammie is al wat ek het, ek het probeer verander ek het probeer teen dit baklei maar dus nie so maklik nie ek wil graag die seuntjie wees wat Mammie in Mammie se kop het ek wil graag die perfekte seun wees maar ek kan nie somer net verander nie ek het rerig probeer maar die is wie ek is om ‘n leuen te lewe gaan ek elke dag stukkie vir stukkie dood maak. Ek is lief vir Mammie en ek sal probeer verstaan Hoekom Mammie doen wat Mammie doen ek is bietjie teleurgesteld want ek dink nog altyd Ma sal my ondersteun in alles wat ek doen. Maar ek sal Ma tyd gee as dit is wat Ma nodig het Liefde Basil.’ Ek het die boodskap met trane in my oë getik. En dus kom Johannes in die kamer. ‘Is alles alright?’ Vra hy die oomblik toe hy die trane in my oë sien. Sonder woorde gee ek hom my foon om die boodskap te lees. ‘Ek is jammer Basil maar jou Ma het nie ’n HART NIE dus moes nie hoe jy jou enigste kind behandel nie.’ Gaan hy voort. ‘Dus Fanny vir jou maar ek sal nie verbaas wees as David agter alles sit nie maar ek gaan haar maar haar tyd gee om alles te verwerk maar terselfde tyd wil ek nie langer hier by julle bly nie dit is nie reg nie.’ ‘My ouers het nie ’n probleem daarmee nie so hoekom gee jy jouself daaroor jy is meer as welkom om langer hier by ons te bly.’ ‘Okay dan waantoe gaan jy so vroeg op ’n Sondag oggend?’ Vra ek effens deur die slaap. ‘Ek draf elke Sundae oggende en somige kere Satedae.’ ‘Ek nie dit geweet nie geen wonder jy is so fiks nie en ek is weerheens jammer oor die Game wat ons verloor het.’ Hy glimlag effens ’Dankie man jy sal dit moet eenkeer probeer saam my dit help om mens se kop skoon te kry.’ Gaan hy voort terwyl hy sy tekkies aantrek. ‘Ek sal so maak lekker draf ek gaan nog bietjie slaap.’ En dus soen hy my voor die voorkop. ‘Alles gaan alright wees jy gaan sien.’ Gaan hy voort voor hy uit die kamer deur is. Ek het aan die slaap geraak met Fanny se boodskap wat in my kop maal dit vir my gevoel asof alles net ’n droom is. Die DONKER GEDAGTES neem oor aan alles wat ek dink. Ek maak paar minute later my oë oop, ’n Geskreeu onder by die voor deur het my haas wakker skrik. Ek nie nog twee keer gedink nie want dit het geklink soos Annemarie. En dus soos ek die trappe afhardloop sien ek hoe die bloed orals tap uit Johannes se gesig. En sy MA daar staan en gil. ‘Bel die ambulaans en Dokter Richard.’ Skreeu sy vir Willem. Ek het na hom gehardloop ’Is jy okaay?’ Maar daar het nie ’n woord by sy mond uit gekom nie hy het net sy ribber kas vas gehou hy was kaal bors dit lyk asof hy aangerand was en agter op sy rug was met ’n skerp mes gekerf die woorde ’LEVITIKUS 18:22’ en gebrandmerk ‘GRUWEL’ Die ambulaans het te lank gevat om te kom en Johannes het nie ophou bloei nie en dus het sy Pa besluit om hom hospitaal toe te jag met ek en Annemarie in die agter sitplek met nat waslappe probeer die bloed stop. Hy kon niks uit kry nie sy hele gesig was Opgeswell. Vir ‘n oomblik het ek net die ergste gedink. Ons het vinnig by die emergency kamer in gejag. En was darem vinnig gehelp. Ek het daar op ‘n bank gesit terwyl Annemarie in Willem se arms huil. ‘Hy is ons enigste kind, ONS ENIGSTE SEUN.’ Snik huil sy. ‘Ek weet maar ons moet die dokter vertrou en ook die Vader van Bo my lief alles gaan alright wees ons seun sal alright wees.’ Troos Willem vir Annemarie. Ek het my gesig gesit in my hande, probeer om die trane te keer, my hande is vol van sy bloed. ‘Basil weet jy dalk wie…het dit aan Johannes gedoen?’ Vra Willem. ‘Ek het geen idea wie het dit aan hom gedoen nie.’ Gaan ek voort sonder om twee keer te dink. ‘Wel ons moet dit raporteer by die polisiestasie.’ Gaan Annemarie voort. ‘Ek los jou saam met Basil terwyl ek solank polisiestasie toe ry en bel my asseblief as daar enige verwikkelinge is.’ Gaan Willem voort terwyl hy vir Annemarie ‘n drukkie gee. ‘Johannes is ‘n sterk manetjie so hy sal deurkom.’ Tap Willem my op my skouer. En dus loop hy. Annemarie het langs my kom sit… En dus speel Jimmy se woorde skierlik in my kop af. ‘Dus oom Jimmy!’ Skreeu ek uit. Annemarie verstaan effens nie wat ek sopas uit Geskreeu het nie. ‘Is jy oraait Basil?’ Vra sy. ‘Dus my oom Jimmy wat vir Johannes aangeval het, want ons het sy geheim verklap en hy het my gedreig as sy geheim uit gaan kom gaan daar lelike nagevolge wees…’ Gaan ek voort. ‘Ek bel dadelik vir Willem, jy sal seker moet ’n verklaring aflê.’ Sy tel die foon op en bel haar man om hom te laat weet. ‘Ek hoop rerig net my seun is okay ek kan nie my lewe sonder hom in dink nie.’ Gaan Annemarie voort nadat sy saam met William gepraat het. Ek wens so sy was my Ma gewees,hier balkei Johannes vir sy lewe en my Ma het my afgeskryf sy moet dankbaar wees ek haal nog asem en dat ek gesond is dat ek nie drugs gebruik nie maar nee sy kyk nou net vas aan ek wat gay is, sy is so ondankbaar hier sit en huil Annemarie want ons weet nie gaan Johannes heel anderkant uit kom nie ons het geen idea nie. Die nurses hardloop gang op en gang af en die gewag maar vir beide ek en Annemarie onrustig. ‘Kom ons gaan kry koffie…’ Sy bewe Letterlik. ‘Ek sal maar gaan kry, sit net hier.’ En dus staan ek op en loop na die Cafeteria toe om koffee te kry.

Die radio was aan en die Gas vrou, ek dink dit was Lynette Francis, het gesels met haar gaste oor die ’Mosie van Wantroue’ ek het gewonder of die verklaring gaan OOM CYRIL verantwoordelik hou vir hierdie gedoentes in ons land… Johannes is rerig ‘n baie sterk mens ek weet hy sal deurkom hy is rerig sterk want wie weet waar hy aangeval was en hy nog die krag gehad om huistoe te loop. Ek smeek my Vader Bo dat Johannes nie verkrag was nie. Liewe HEER beskerm hom asseblief ons het skaars mekaar gevind ek wil nog oud raak saam met hom ek wil nog my lewe saam hom leef. En dus koop ek die koffie en loop terug na Annemarie toe. ‘ENIGE NUUS?’ Vra ek. ‘Nog niks nie. Ek kan nie meer die ONSEKERHEID vat nie, dit maak my MAL.’ Dus staan sy op en vra een van die nurses. ‘Jammer mevrou ons mag nie enige inligting nou deur gee nie maar hulle kyk my mooi na u Seun.’ Gaan die nurse voort. En dus kom Willem met twee polisie beamptes daaraan. ‘Basil jy moet gou net ‘ verklaring aflê.’ gaan Willem voort. ‘Dus regso oom.’ En dus gee ek my verklaring. Na ek my verklaring gegee het kom dokter Richard uit. ‘Hy is stabiel julle kan hom maar kom sien.’ Gaan die dokter voort. En dus loop ons al drie na die kamer waarin hy lê maar orals is masjiene en sy hele gesig is met bandages toe gedraai. Sy ‘TORSO’ is ook toe gedraai. Annemarie het skaars gesit toe gaan die monitor af en ons word dadelik uit gesit. ‘Sy hart het gaan staan!!!’ Skreeu Annemarie. En dus hardloop die nurses in met die Defibrillator sodat die dokter hom kan shock. EK het ‘n nare gevoel gekry… Dus nou al ‘n uur en die laaste beeld van sy gesig was na die dokters die deur toe gemaak het toe sy hart gaan staan het. Ek het nog laaste deur die blinds van die kamer venster gesien hoe dokters die Defibrillator masijien gebruik om sy hart weer kloppend te kry. Annermarie lyk verward. ‘n Paar minute terug het sy hoop gehad dat haar seun oraait is maar nou weet sy nie meer hoe om te voel mens kan dit in haar oë sien sy is in ‘n dwaal. Willem wys geen emosie nie, hy troos net vir Annemarie en gee haar troosende woorde. Na ‘n rukkie hou Annemarie ophou huil en die gang word gevul met stilte, en die geluide van masijiene. Die stilte, die ONSEKERHEID MAAK MY MAL. Die voel soos die langste uur van my lewe, en niemand gee ons enige antwoorde nie. Ek hoop net Johannes maak dit, ek kan hom nie verloor nie. Ons tydtjie saam is net te kort, en ek hoop nie ons 'VIR EWIG' word kort gesny nie. Ek het begin onrustig raak en Opgestaan die magteloosheid het my begin uit die mure uit dryf. Die persoon wie se skuld dit is by die huis en min gepla oor die hele situasie en dit kan net Jimmy wees. Dit moet Jimmy wees. Dit moet net hy wees. Wie dink hy, hy is, hy is nie ‘n GOD nie oordeel kom hom nie toe nie. Kan een mens so harteloos wees. Hy sal sowaar alles doen om sy vuil geheime toe te smeer. Hy is die laaste persoon wat ‘n klip moet gooi hy het ‘n skool kind wat sy seun se ouderdom is swanger gemaak. Ek en Johannes het rerig nie gevra om so te wees nie, wie sal sulke lewe wil kies waar jy konstant geoordeel word waar Sodem en Gomora elke keer in jou gesig gegooi word. En jy moet elke keer hoor God het nie vir Adam en Steve geskep nie maar Adam en Eva. Wie is ons om te oordeel kom dit ons toe? Johannes balkei vir sy lewe deur stupid judgemental mense. Ek wou langer bly maar die suspensie en die negatiewe gedagtes (DONKER GEGADTES) wat ek kry word harder as die stilte kom. Ek weet nie wat ek gaan maak as dokter Richard daaruit kom en sê dat hy dit nie gemaak het nie. Dan het ek niks om voor te baklei nie want my enigste MA het my klaar verstoot.


13 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page