top of page
Search

BEGEERTES 8

Updated: Dec 3, 2020

Ek het heel nag rond gerol, my foon aanhou gekyk, ek was eerlik waar opgestress oor wie ons gesien het. Johannes was ook want ons het heen en weer mekaar Boodskappe op Whatsapp gestuur. Dalk is dit Ammie miskien wou hy kom kyk of ek en Johannes rerig oefen. Maar as dit hy was sou ek mos nou al teen die tyd ‘n boodskap ontvang het. Hoekom moet daar ‘n prys vir liefde is as dit nie te koop is nie? Ek en Johannes het nie gevra om op mekaar verlief te raak nie dit het net gebeur en soms het mens nie beheer oor elke situasie nie. Dit gaan ons albei vernietig as die ding moet uitkom ons kleuring mense aanvaar nie so maklik nie. Ek hat onder my foon aan die slaap geraak met die gedagtes van wat die volgende dag gaan gebeur op my brein. ‘Basil! Basil!’ Hoor ek so vaag weg Fanny se stem. ‘Wat slaap jy so laat vandag!’ Gaan sy voort. En dus toe ek my kop lig om die tyd te kyk is dit rerig al laat en ek spring vinnig op om klaar te maak. ‘Is van kind maak wat die DING so gevrek is…’ Gaan David voort wat al aan tafel sit. Ek nie nog krag vir hom, ek kon nie eers ontbyt eet, ek het net vinnig gegroet en toe waai ek by die deur uit. En dan onthou ek Fatima se ouers kom ook later vir ‘n meeting by ons huis. Kan my dag nog erger raak soos ek skool toe hardloop bly ek agter my skouer kyk want dit voel vir my asof iemand my dop hou maar daar is niemand nie. Ek het net by die hek in gekom toe lui die klok. En soos ek klas toe stap voel dit asof almal na my kyk dus asof my GEHEIM uit in die Openbaar is. Maar niemand hou my eintlik dop nie dus net ek wat panic en soos ek aan kom kan ek die bekommernis in Johannes se oë sien. Eerste periode op ‘n Vrydag is Rekeningkunde by Mrs Stafford. Ons almal staan in die ry en dus staan Ammie langs my. ‘Awe neef hoe lyk dinge vandag?’ Vra hy. ‘Aweh neef, neh alles is alright …Uhmmm jy kan my maar sê jy was Gisteraand by die sokker veld.’ Gaan ek voort net om vas te stel of dit rerig hy was. ‘Nee ek was by die huis ou neef aan my huiswerk gewerk, eksamen kom mos en ons môre daai groot Game waarvoor ons practice, so ‘n man kan nie nog rond loop nie, Hoekom vra jy? Wat jy en Johannes weer gedoen want ek ken daai look op jou gesig.’ Gaan Ammie voort. Ek voel bietjie ongemaklik en begin uit freak diep binne, want as dit nie Ammie was nie wie was dit dan? Wie het vir ek en Johannes betrap? Ek weet uiters nie hoe om Ammie se vraag te Beantwoord nie. Maar dis red Mrs Stafford my van ‘n diep leuen wat ek nou amper vertel het. ‘Stap julle dan nie in nie?’ Gaan Juffrou Stafford voort. Fatima hulle se klas is net langs onse klas en ek sien soos sy in stap die kyk wat sy my gee. ‘Sy is Evil’ Fluister ek kliphard en almal kyk vir my. ‘Praat jy dalk met my Basil?’ Will Juffrou Stafford weet. ‘Nee Juffrou ek dink somer aan die Afrikaans boek wat ons lees, die hoofkarakter is Evil…’ Lieg ek vinnig. En almal begin lag en Juffrou Stafford steer haar nie. Ons almal is in die klas vir een of ander rede kom sit Johannes weer langs my. ‘Maar julle is darem close deesdae’ Maak Ammie ‘n opmerking toe hy weer agter kom dat Johannes sy sit plek gevat het. ‘Chill Ammie ek en my Broer moet net gou iets bespreek in die volgende klas kan jy weer langs jou neef sit…’ Gaan Johannes ewe iriteerd voort. En Ammie kry die boodskap en loop. ‘Jy kan nie elke keer langs my sit, mense gaan suspicious begin raak ons moet ons distance van mekaar af hou.’ Fluister ek die oomblik toe Johannes hom na my toe draai. ‘Ek weet maar ek en jy is in groot kak Basil! en nou moet ons saam staan, wie ever daai gesien het Gisteraand het ander planne hoor wat ek jou sê want dit sou nou die hele skool vol lê en jy weet …’ Johannes begin stress en buit aan sy naels. Ek probeer kalm bly maar ek kan ook nie. ‘Ek weet ek kan dit aan my voel hier kom moeilikheid aan en dus alles my vokken skuld, as ek net die deur toe gemaak het dan was ons nou nie in die situasie nie…’ Fluister ek terug maar ek is seker die ander kinders in die klas kan aan ons LYF TAAL sien dat ons ‘n intense gesprek het. En dus gaan my foon af. Ek vergeet om dit op silence te sit. Dus ‘n boodskap, almal kyk dadelik om na my toe. My oë het groot geraak. ‘Ontmoet my môre by die Game om julle Geheim Veilig te hou!! Moet nie vir Johannes vertel nie, meet my aleen of ek Expose julle.’ Die boodskap het van ‘n onbekende nommer af gekom maar voor ek nog die boodskap weer wil lees gryp Juffrou Stafford die foon uit my hande uit. Sonder ‘n woord. ‘Basil wat nou gebeur wie was dit?’ Wil Johannes weet. ‘Ek …weet nie maar ons GEHEIM is nie meer Veilig nie…’ was al wat uit my mond gekom het. Johannes se oë rek ook Behoorlik. ‘Wats aan die ankerkant van ‘DIE’ muntstuk, Sal Fatima nog Vet op die vuur gooi…’ My Ouma het altyd gesê agter geslote deure lê die DONKERSTE GEHEIME..Ek en Johannes het nie eers vir lank die geheim nie, ek blameer myself vir dit as ek net die deur toe gemaak het sou ek nie nou hier in die toilet sit en my naels kou nie. As ek net my GEVOELENS weg kon steek het vir hom en nie so vinnig geval het toe hy my die eerste keer soen as ek hom ook net laat glo het ek is straight sou ons nie nou in die situasie wees nie.


David en Fanny sit en wag in die sitkamer want Fatima se ouers kom oor om die PAD voorentoe te bespreek. ‘Ek glo nie jou mense gaan kom nie my kind.’ Gaan Fanny voort terwyl sy die skinkbord met die tea en koekies weer Kombuis toe dra. ‘Ek dink ook nie hulle gaan kom Mammie maar is seker maar reg so want ek glo steeds nie dus my kind nie.’ En dus kom David verby. ‘Jou vokken skoon mense kom blow my HIGH ek was lekker gesyp nou is ek vokken nigter gewag vir die luis gatte!’ Brom hy soos hy verby gaan. Hy is nog lekker dronk is seker net weer ‘n skimp sodat Fanny haar laaste sente vir hom kan gee. ‘David moet jy so rou wees? Kan jy nie vir een kaar beskafdt praat met my kind?’ Vra Fanny terwyl sy die skinkbord leeg maak. En hulle twee begin stry. ‘HOU OP! HOU JULLE NET OP! Ek het genoeg probleme waarmee ek moet deal dan moet ek nog na die elke dag luister as julle wil stry doen dit net waneer ek nie by die huis is nie asseblief!’ Skreeu ek. Fanny en David is dadelik stil en ek hardloop reg uit na my kamer toe. En dus bel Johannes my. Juffrou Stafford het my foon vir my na skool terug gegee. ‘Is alles alright?’ Vra ek dadelik . ‘Ek kan aan niks anders dink nie ek weet môre is die groot Game wat ons nou al vir weke en weke oefen maar dus huidiglik die laaste ding op my gedagtes.’ Hy haal baie swaar asem. ‘Kom ons kry rus daai is môre se worries en kom ons Fokus eers op die game onthou die persoon wil vir my aleen sien jy mag niks weet nie so jy moet kalm wees ek sal gaan hoor wat is die prys wat ons moet betaal vir die geheim… En no matter what Johannes I’ll protect you at all costs.’ Die trane loop effens van my oë af want ek kan aan my voel hierdie gaan nie ‘n maklike ding wees nie. Ek kan hoor hoe sluk hy sy trane. ‘Ek ….ek kan nie laat jy suffer nie ek gaan nie laat enige iemand jou seer maak nie! Ek belowe ons is saam in die ding SAAM HOOR JY MY! HOOR JY MY BASIL!’ ‘Ek weet Johannes maar ons geheim kan nie nou uit nie jy is die Kaptein van die span dink jy coach gaan twee keer dink om jou posisie af te vat en dan moet jy aan jou ouers dink hulle wil klaar nie hê jy moet gaan study om ‘n Chef te word nie nou dink net as hulle uitvind jy is gay? Jy word dalk afgeskryf, uit die huis gegooi. En ek wil nie dalk afgeskryf, uit die huis gegooi word nie. En ek wil nie eers dink aan my familie nie so whatever die persoon môre gaan vra moet ek doen vir ons altwee, nie net vir my nie jy moet verstaan.’ Die trane rol maar ek probeer sterk voorkom. ‘Okay dan Basil maar ek is hier vir jou… Lekker slaap my airtime is op sien jou by die game môre en dankie dat jy dink aan die nagevolge wat hierdie ding kan hê’ Gaan hy voort. ‘Naand Johannes en moet nie over think nie, wees Kalm…jy moet ook lekker slaap.’ En dus sit hy die foon af. Daar het ek gelê en wonder maar is net een mens wat op my GEDAGTES kom. Fatima!!!! maar wat sal sy so laat op die sport veld gaan soek? So dit maak nie sin nie. Maar tog wonder ek want na onse stry het ons nog nie rerig weer ‘n gesprek gehad nie…so kan dit sy wees? Of is dit Ammie, maar Ammie sal nie wil Games speel nie. Iets voel af…. Die lewe loop soms snaakse draaie, maar alles het ‘n doel en ek myself belowe wat gebeur vandag het gebeur. Ek kan nie gister verander nie maar ek kan net na vandag en die toekoms met positiewe oë kyk. Ons nog die oggend oefeninge gehad en beide ek en Johannes is bietjie tense maar ons het steed ons alles by die oefeninge gegee. Middag het aan grbreuk en ons almal in die skool bus geklim want die game is by die ander skool in die dorp. Ek was heeltyd op my foon, Johannes het langs my kom sit in die bus. Wat dinge nog net meer ongemaklik gemaak het want ek kon sien hoe Ammie elke keer na ons kyk. En dus kry ek weer ‘n sms, hierdie keer met die tyd en die presiese plek waar ek die persoon moet alleen ontmoet, dus duidelik in die boodskap gestipulate dat ek nie vir Johannes van dit moet vertel nie maar ek het alreeds want ek is mos nie alleen in die ding nie. En dus wys ek hom die boodskap wat deur gekom het. ‘Hoekom moet jy die persoon halftime naby die badkamers ontmoet? dit maak net nie sin nie, wat as dit ‘n kans vater is, moes ek nie liewer saam kom om jou te beskerm?’ Vra hy met ‘n Bekomernis op sy gesig. ‘Ek is fine en kan myself verdedig, nie dat dit so ver sal gaan nie, maar ek sal lieg as ek sê ek wil nie hê jy moet saam kom ek wil graag maar jy weet mos nou die bal is nie meer in ons hande nie so ons moet by die reëls speel.’ ‘Okay maar skreeu net as jy my nodig het.’ Gaan hy voort. En dus hou die bus stil. ‘Is julle reg vir die ding manne? En ons bring vandag daai trophy terug na ons skool toe verstaan ons mekaar.’ Gaan Coach al te kwaai voort voor ons uit die bus klim. ‘Neef is alles alright? Jy lyk nie goed nie dus asof jy nie genoeg slaap gekry het.’ Vra Ammie die oomblik toe ons in die locker rooms is om ons gear aan te trek. ‘Ek is nie fine nie maar ek sal fine wees gee net tyd maar vir nou moet ons focus om vir Coach daai wen te kry.’ ‘Jy weet jy kan enige iets met my deel neh?’ Gaan Ammie voort ek weet die hele ding wat ek close is met Johannes pla hom nogals. ‘Ek weet.’ En dus kom Coach in om te laat weet dat dit tyd is ons het ons gebed op gesê en soos ware troopers uit gehardloop op die veld. En begin speel met ons hele harte. Ons het 3 goals in en die ander span 4 en dus was dit halftime. Johannes het na my gekyk met Bekomernis in sy oë. My hart het vinnig begin klop want dus tyd. Almal is na die locker rooms toe om reg te maak vir die tweede rondte. Johannes het my op my skouers getap om stertkte te sê. En dis stap ek stadig maar seker na die badkamers toe. Ek het ariveer en vir die vreemde nommer ‘n boodskap gestuur om aan te dui dat ek wag. Halftime was oor en ek het steeds gewag maar dus eers toe die gange stil raak wat ek twee mense sien aankom. Ek het amper op my rug geval. ‘Oom Jimmy? Fatima?’ was al wat my mond verlaat het. Jimmy is Ammie se Pa, hy is saam met my aunty getroud. Ek is nie verbaas om Fatima te sien, maar wat soek my oom saam met haar. ‘Basil, Basil ek het jou gesê met my word nie gemors nie.’ Gaan Fatima voort. En dan Click dit in my kop die aand toe ek die ouerige man sien onder die lig paal saam met haar maar ek kon nie sy gesig sien nie maar sy liggaam, dit was Oom Jimmy. So hy is die kind se Pa. Dit voel asof my bene lam raak van die skok. ‘SO ek neem aan Oom Jimmy is Fatima se kind se Pa.’ Vra ek sonder om terug te hou. ‘Ek is ja ook die een wat jy en Johannes se geheim uitgevind het wie sou nou dink my skoon sister het ‘n Moffie getëel.’ Begin hy te lag. ‘Wag Jimmy! Wag - wag Basil ek wou mos maar sê iets is fout want wie sal nie vir my val ek is dan Hot en Sexy? En hier dink ek die heeltyd die fout lê by my.’ Maak Fatima ook aanmerkings. ‘Julle is albei siek! Jy weet seker die is kinder verkragting reg Jimmy! Ek wonder wat my Aunty hiervan gaan sê, sies sy is jou seun se ouderdom.’ En dus spoeg ek langs hom. En hy gryp my teen my nek. Fatima moes lelik keer. ‘Baby jy gaan hom seer maak los hom.’ ‘Jou Klein vetter ek is steeds jou oom.’ Verskreeu hy my toe hy my los. ‘Okay wat soek julle? Wat is die prys om ek en Johannes se geheim safe te hou?’ Vra ek die oomblik toe hy my los. ‘Jy gaan Pa speel van ek en ‘Fatty’ se baby jou aunty mag nooit hiervan weet nie, nie eers Ammie nie… En as jy nie doen wat ons vra nie sal dit niks wees om jy en Johannes se geheim te blap nie en ons weet tog hoe haat Fanny moffies en ek wil nie eers praat van Johannes se ouers.’ Gaan Jimmy voort. ‘Jy moet ook maak asof ek en jy saam is Basil ek glo nie dit sal moeilik wees nie en jy en Johannes mag nie meer mekaar sien nie, julle moet dinge eindig, Jimmy was so slim hy het ‘n video op sy selfoon van julle tweetjies.’ Fatima sê dit met soveel haat in haar oë. ‘Moffies behoort in die hel, so ruk jou nou reg en doen die regte ding deur vir Fatima te vat!’ Maak Jimmy ‘n hateful statement. Ek het daar gestaan met trane in my oë ek kon nie glo dus die oom wat vir my leer fiets ry het toe ek Klein was nie ek kon dit net nie glo dat hy hierdie monster is nie. Hoe gaan ek my neef elke dag in die oë kyk terwyl ek sy Pa se geheim rond dra. Hoe sal ek ooit by my aunty gaan kuier sonder om haar jammer te kry of haar te waarsku teen Jimmy… ‘Ek is on board met die plan …solank my geheim Veilig is en nie een van ek en Johannes hoef seer te kry nie.’ Gaan ek voort met ‘n swaar gevoel op my bors. ‘Breek jou promise en jy sal lelik betaal onthou ek ken paar ouens wat vir Johannes lelik skade aan sal doen.’ Maak Jimmy Homself duidelik voor hy loop. Hy los net vir ek en Fatima agter. ‘Jy gaan eendag brand in die hel!’ Was my laaste woorde aan haar voordat ek weg gestap het. Ek kan nie beskryf wat ek rerig voel nie en ek sien nie kans om nou terug te gaan en gaan sokker speel asof alles alright is. Ek gaan dus in die naaste seuns toilet en dus sak ek inmekaar. Trane stroom van my wange af. Ek myself Gemaklik op die koue Vloer gemaak. ‘Hoekom!!!! Hoekom!!!! Is dit my straf.’ Skreeu ek soos ek die Vloer slaan met my vuiste. Ek wou net die Uiterlike pyn voel. Maar dit nie gehelp nie. Ek het vir paar uur daar gelê. En dus hoor ek Johannes se stem. ‘Basil is jy okay??? Basil praat met my.’ Gaan hy voort. En dus help hy my op. ‘Basil praat met my.’ Gaan hy weer voort. ‘Ek sal oraait wees hoe die game gegaan?’ Verander ek die gesprek. ‘Ons het verloor omdat ek nie kon focus toe jy nie terug kom na halftime toe weet ek dadelik iets is fout die bus is al weg maar my Pa gaan ons kom haal praat tog net met my vertel my wat gebeur het iets moet tog gebeur het as jy so lyk kyk hoe rooi is jou oë gehuil praaaaat met my.’ Gaan hy voort terwyl hy my gesig by die was bak probeer af was. ‘Fatima weet van ons geheim en …’ Johannes onderbreek my. ‘Ek moes geweet het daai slang as ek haar in die hande kry!’ Hy word somer kwaad. ‘Sy is nie die een wat ons betrap het nie, Oom Jimmy het …’ Ek kon amper nie die oom woord uit kry nie want hy is nie ‘n oom se gat werd. ‘Jy mean Ammie se Pa daai Jimmy? Nou wat het hy met Fatima te doen?’ Johannes lyk effens geskok en DEURMEKAAR. ‘Hy sal tog ons geheim Veilig hou, hy is tog jou oom?’ Gaan Johannes voor terwul hy reg voor my staan. ‘Dus die ding my Johannes hy het vir Fatima swanger gemaak hy is die Baby Daddy en hy sal enige iets doen om sy geheim Veilig te hou ek mean enige iets en dus dreig hy as ek uitpraat gaan hy ons OUT!’ Johannes het swaar begin asem haal. En ek het bekommerd begin raak. ‘Is jy okaay?Is jy Okaaay??” ‘Wie dink hy, hy is? HY is ‘n gemors! Wie dreig twee onskuldige mense net omdat hulle lief is vir mekaar? Wie doen dit?’ Begin Johannes te skreeu. ‘Dus nie al nie hulle wil hê ek en jy moet nie meer mekaar sien nie, ek moet vir Fatima date…’ Die trane stroom weer van my oë af en dus vir die eerste keer in ‘n publieke plek want enige iemand kan in die toilet loop, voel ek Johannes se arms om my en hy hou my Behoorlik vas. ONS is saam in hierdie ding ek gaan jou nie abandoned nie al moet ek baklei vir ons liefde gaan ek maar hulle gaan nie weg kom met die nie al moet ons op straat beland ek gee nie om nie maar ek gaan nie laat jy met iemand wees waarvoor jy nie lief is nie…’ Die trane stroom ook van sy wange af. ‘NEEEEEE ….NEEEEE(Dus ruk ek weg van hom af) ek kan nie die aan jou doen nie ek kan nie laat ons gehaat word van ons ouers vir iets waaroor ons nie beheer het nie ons moet ons matriek klaar maak en miskien as ons op Varsity is kan ons hulle vertel van ons maar ek kan nie laat jy of ek op die straat sit! Wat van ons toekoms, Laat my in ‘n verhouding wees met haar. Ek doen dit vir jou. Ek gee nie om hoe ek suffer nie ek doen dit vir jou vir ons. EK wil ook nie my aunty seer maak ook nie vir Ammie as dit moet uitkom dat Fatima swanger van hom Pa is haar man is dit gaan hulle breek. Verstaan asseblief.’ ‘Basil dus nie jou skuld nie Jimmy het al daai veroorsaak. Hoor my as ek jou sê dit is nie jy wat jou aunty of neef seer gaan maak dus Jimmy. En ek gee nie ‘n duiwel om of ons op straat sit nie ek gaan vir ons baklei hoor jy my.’ Die trane stroom, hy is rooi in sy gesig soos hy skreeu. Ek het daar gestaan baie DEURMEKAAR ek weet nie watte besluit om te neem. Ek is ook lief vir Johannes maar is dit rerig die moeite werd om alles prys te gee? Ek het sy trane van sy wange afgevee en hy het myne. ‘Ons moet ons nou self reg ruk jou Pa gaan seker nou enige oomblik hier wees.’ Gaan ek voort. ‘Ja ons moet maar ek gaan nie laat Jimmy en Fatima hier mee weg kom nie hulle het nou met die verkeerde een gemors hulle kan jou in ‘n hoek druk maar nie vir my nie ek is nie bang om goed te verloor nie Basil ek is moeg om voor te gee hoe lank nog? Gaan Johannes al hoe kwaai aan. Dus die verskil tussen ek en hy ek is bang vir die onbekende terwyl hy eintlik tog ook bang is maar hy is ‘n vegter. ‘Ek verstaan Johannes maar eendag op ‘n slag kom ons dink die ding eers deur voordat ons hastige besluite neem.’ ‘Ek weet maar ek klaar my mind opgemaak en niks wat jy gaan sê of doen gaan laat ek my mind verander ek gee rerig nie om of ons name op straat kry of deur ons eie ouers reject word ek gee nie om nie maar ek gaan nie weer ongelukkig gemaak word nie…’ Hy kyk my direct in my oë en sy woorde verlaat sy mond met passie. ‘Johannes, dus nie net ons nie my arme aunty my arme neef…’ Probeer ek nog plea. ‘Ek verstaan daai maar hoe langer ons stil bly hoe erger gaan die situasie raak en dan gaan jou aunty eers seer kry dus beter as ons vanaand die meeting hou en klaar kry…’ ‘Vanaand is jy van jou kop af? HUH luister jy na jouself.?’ ‘My Pa is buite kom.’ HY loop sonder dat ek ‘n woord in kry. Jimmy is rerig Hardkoppig. As hy sy mind op iets het, het hy. ‘Middag! nee Pa ons her verloor…’ Gaan hy voort. Ek het net die oom gegroet en daar gesit met my mond vol tande. ‘Hoekom het julle verloor.’ Wil hy weet. ‘Ek het nie die antwoord tot alles Pa soms verloor mens kan nie altyd wen in die lewe nie…waar is Ma, ek wil hê ons moet almal praat as ‘n gesin daar is iets wat ek julle wil vertel maar ons moet vir Ma optel en dan na Basil se ouers gaan ons altwee wil julle iets saam vertel.’ Gaan Hy voort. Ek begin kliphard hoes want dit is nie wat ons op besluit het nie, ek sit en bewe daar wat ek sit en dus vra Oom Willem of ek alright is. ‘Ek is oraait oom.’ Gaan ek sonder lus voort. ‘Wat is so Belangrik?’ Wil hy by Johannes hoor. ‘Julle sal gou uitvind, kom ons tel vir Ma op.’ Dit voel asof ek Johannes kan skop maar ek moet maar my cool hou en maar sy plan trust atleast is hy nie ‘n pap broek hy is rerig lief vir my en ek weet no matter what gebeur het ons mekaar. Dus hou ons stil voor ‘n luukse dubble storey huis. Ek genuinely nie geweet hy bly in sulke mooi huis nie. ‘Ma gaan nou uit kom, ek het vir haar ‘n whatsapp paar minute terug gestuur.’ Vertel hy sy Pa wat effens bietjie ongeduldig voorkom. Ek kan nie juis sien of Johannes nervous is nie en dus laat weet ek vir Fanny ook dat Johannes se ouers oorkom vir ‘n meeting en sy text my terug om te laat weet dat dit reg is sy verstaan ook nie Hoekom nou ewe skierlik nie. Dus kom Johannes se Ma sy is ‘n wit vrou en Johannes se Pa is ‘n bruin man, geen wonder Johannes lyk so HOT nie. Ek dit ook nie geweet. Dus klim Johannes agter in langs my ek groet toe sy Ma en sy stel haarself voor. Ek ken vir Oom Willem want hy is die raadslid in ons Kleurling gemeenskap maar ek nog nooit sy vrou gesien of geontmoet nie. Sy is van daardie privaat mense. ‘Lekker om vir Tannie Annemarie te ontmoet.’ Gaan ek voort. ‘Arg noem my somer net Annemarie dus lekker om een van my kind se vriende te ontmoet hy is altyd ‘n alleen loper…’ Maak sy haarself duidelik. Ek het effens ongemaklik geglimlag. ‘So Seuna wat is so Belangrik? Wat het jy en Basil gedoen is julle geskors?’ Wil Annemarie weet. ‘Nee Ma ons sal praat sodra ons by Basil se ouers kom.’ Gaan hy voort. ‘Is jy seker ons doen die regte ding?’ Fluister ek effens in sy oor want ek kan sien hoe bewe hy. ‘Ek was nog nooit so seker oor iets nie.’ Fluister hy terug. En dus hou ons stil voor ons RDP huisie. Ons almal stap toe in. Fanny stel haar voor aan Johannes se ouers asook David wat lekker dronk is. En dus gaan ons na die sitkamer. ‘Ek verstaan ons kinders het iets op die hart.’ Gaan Willem voort. ‘Die KINDERS van vandag vat net gat links en regs van groot mense. Hulle kan maklik hulle ouers abuse. Die wat hulle dink dus okaay om somer net meetings te call en ek is ’n besige mens, mens maak Afspraak vir ’n meeting.’ Gaan David voort lekker gesyp. Hoor wie praat van besig, al besig wat hy is die bottle dus sy besigheid vokken dronk gat. Maal die woorde in my gedagtes. En dus begin Johannes, ’Ons is jammer maar die kon nie langer wag maar …maaaar.’ Ek sluk ’n groot knop want die woord wil nie uit Johannes se mond kom en almal wag vir hom. ‘Ek en Johannes is ’n couple’ Verlaat die woorde my mond sonder dat ek twee keer daaroor gedink het. ‘Is julle GAY??’ Vra almal gelyktydig met soveel skok op hulle gesigte…. En dus klap …. David het Opgestaan en my ’n helse klap gegee. ‘Is jy dan bevok?? Ons so in die skande kom steek voor ander mense.’ Gaan hy aan. Fanny het daar gesit met trane in haar oë. ’Dit was nie nodig om hom te klap nie David, dus ’n nuwe era hierdie tipe dinge is nie meer iets om oor skaam te kry nie.’ Gaan Annemarie voort. ‘Kom ons loop liewer Johannes.’ Willem vat Johannes aan die hand. ‘Dus okay Seun ek hat al lankal vermoed en jou Pa vertel en ons is okay daarmee rerig dit verander nie wie en wat jy is nie jy is nog steeds Johannes,MY ALLES!’ Gaan Annemarie voort soos sy vir Johannes versmoor in ’n drukkie. ‘Ons kan nie Basil hier los nie.’ Gaan Johannes al te hartseer voort. ‘Ek sal alright wees gaan nou asseblief.’ Verseker ek vir Johannes. Hy het huiwerig geloop en dus toe hulle by die deur uitgaan, gaan David voort ek weet nie Hoekom hy sulke groot probleem het nie want ek is tog nie sy seun nie. Fanny het daar gesit sonder ’n woord. ‘Ek is jammer Mammie ek nie bedoel om jou teleur te stel nie.’ vra ek verskoning. ‘Bokkie die kind verdien nie om hier in die huis te wees nie ek gaan pak sy sak hy moet sien waar dit vir hom dag raak, disrespectful maak eers iemand swanger en nou is hy ’n MOFFIE.’ David slinger slinger na my kamer toe. ‘Mammie dus nie my kind nie dus oom Jimmy se kind hy het uitgevind van my geheim en my gedreig om niks te praat nie…’ Dus sien ek my klere word in SWART PLASTIEK SAKKE gegooi. Fanny sit steeds daar sonder ’n woord. En dus smyt David die sakke by die deur uit… ‘Mammie asseblief. Mammie asseblief.’ begin ek te smeek maar dus asof sy nie vir my kop toe vat nie. ‘Tsek!!Vuil gemors!” David sleep my Behoorlik uit, ek trap vas maar hy is sterker as ek. En dus smyt hy my uit en sluit die deur. ‘Mammie,Mammie, Mammie. Asseblief! Ek is jammer’ Klop ek aan die deur die trane loop van my wange af ek het vir ’n uur gesmeek en dit het begin koud raak. Dus bel Johannes. ‘Ek soek niks van jou nie is deur jou . Is deur jou wat ek nou buite sit terwyl jy lekker gemaklik is, my eie MA wil nie saam my praat nie.’ Skreeu ek oor die foon sonder om hom ’n kans te gee. ‘EK KOM HAAL JOU.’ Maak hy Homself duidelik. ‘Los my uit ek verdien om hier buite te vrek.’ Ek was te emotioneel en seer gemaak dit het vir my gevoel asof alles Johannes se skuld was. Hy die foon neer gesit en paar minute later toe sien ek sy Pa se kar optrek. En hy klim uit ’Kom Basil my ouers het nie ’n probleem met jou, jy kan paar dae by ons bly ek het jou mos belowe ons is saam in die ding.’ Dus help hy my van die koue cement op. Ek kon nie ’n woord uit kry nie sy Pa het my swart sakke gaan haal en in die boot gelaai. Ek het niks op daardie oomblik gevoel nie ABSOLUUT NIKS NIE. Daar het geen trane my oë verlaat nie want dit wat ek binne voel maak so so seer dat ek voel ek klaar dood is……..


9 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Kommentarer


All Videos

All Videos

bottom of page