top of page
Search
Writer's pictureSonia Kennedy

BEGEERTES 7

Updated: Dec 1, 2020

‘Dus jou baby jou vetraagde ding wat nie eers weet hoe om sy ‘DING’ in ‘n vrou te sit…’Dus draai ek om sonder om te dink en gee haar ‘n helse klap. Dus sien Johannes. ‘Vok! Basil mens slaan nie aan ‘n vrou nie.’ Kom Johannes aangehardloop om seker te maak Fatima is okay. Ek daar gestaan en bewe want dus nie wie ek is nie, sy het net my buttons gepush, ek wil nie soos David wees wat as hy dronk is aan my Ma slaan nie. Ek hardloop dadelik vinnig in die skool yard reguit badkamer toe. En dus lui die klok. En ek loop stadig maar seker klas toe. ‘Basil! Wat gaan met jou aan?’ Vra Johannes die oomblik toe ek in die ry staan. ‘Fatima lieg oor alles.’ Fluister ek terug. ‘Was dit nodig om haar te klap?’ Vra Johannes. ‘Nee man dit was nie, was ‘n ongeluk, het sy die principal laat weet?’ Vra ek effens geskrik. ‘Nee ek wou nogals maar sy wou nie.’ Gaan Johannes voort. ‘Wat, so jy sou my oor gee aan die principal, moet nie vergeet ek ken jou GEHEIM.’ Die woorde het my mond verlaat sonder dat ek gedink het. ‘O so dus hoe dit werk? Ek sien!’ Dus is Johannes sommer dadelik kwaad en storm die klas binne. ‘Ek dit mos nie so bedoel nie.’ Skreeu ek agter na. En almal kyk nou vir my met snaakse oë wat so agter Johannes skreeu. EK storm ook die klas binne. ‘Wanneer gaan jy groot raak HUH?’ Gaan ek al te kwaai voor. En dus gryp Johannes my aan my koller en gee my een harde hou op dieselfde oog wat David my ‘n hou gegee het. Ek het Behoorlik op die vloer geseil. En die meneer het dadelik vir Johannes uit die klas na die kantoor gevat. Paar minute later loop Johannes in die klas asof niks gebeur het nie. ‘Nou eers? Haal solank jou besiegheidstudie boek uit want julle wil mos baklei.’ Gaan Juffrou Baxter al te kwaai voort. Ek hou elke beweging van hom dop hy stap na Juffrou Baxter se tafel toe en fluister dan in haar oor. ‘Okay julle bedaar nou voor ek weer iemand hier uit smyt dus die besiegheid klas so begin julle by julle besigheid te bepaal… Maar nie te min Johannes het iets op die hart.’ Gaan Juffrou Baxter voort. Johannes bewe so effens soos hy altyd bewe wanneer hy voor die klas moet praat en ek kan hom skaars in die oë kyk want hy het sowaar vir Fatima defend nadat hy die een was wat vir my gesę het hy glo ook nie dus my kind wat sy dra nie… ‘Is alles oraait neef?’ Fluister Ammie wat langs my sit. ‘Awe alles is nxa’ Lieg ek vinnig. Dit verbaas my dat hy nog nie weet dat Fatima swanger is gewoonlik hardloop David met nuus na my Aunty toe want hy sit en syp mos somige kere daar. En dus maak Johannes sy mond oop ‘UHHHMMM… ek wil net Onverskoning vra vir my gedrag vanoggend dus nie wie ek is nie en aan Basil my bruh, ek vra Verskoning ek moes nie my hande vir jou lug nie ek hoop jy kan my vergewe…’ Almal in die klas verwonder hulle aan Johannes want hy is die hardcore tipe wat nooit sal Verskoning vra. Ek maarnet my duim gelig om aan te dui dat alles oraait is nadat my kakebene nog lekker seer is. Dit vir my gevoel Ammie weet dat iets tussen ek en Johannes nie reg is nie want die eerste ding wat uit sy mond pouse was ‘Wat gaan aan tussen jy en Johannes eers is julle nie rerig soos rerig brasse nie en dan ewe skierlik baklei julle, gaan dit oor Fatima?’ Ek weet nie hoe om die vraag te bentwood nie want dus complicated. ‘Die ding is hy het gesien hoe ek en Fatima stry en ek haar verongeluk ‘n klap gegee het, die storie is meer ingewikkeld as wat jy dink ou neef… en toe doen hy maar net die regte ding en staan vir Fatima op.’ Dus effens ‘n leeun ek het hom gedreig dat ek hom gaan expose dus waaroor die fight gegaan het, maar as ek nou vir Ammie dit sę dan gaan hy die waarheid wil weet en die waarheid kan mos nie nou uit nie want as ek Johannes expose, expose ek myself. Alles is sowaar ‘n groot gemors. ‘Hoekom het jy vir Fatima geklap neef? Dus mos nie hoe ek jou ken???’ Wil Ammie weet. ‘Sy is …’ ‘Sy is wat ?’ Vra hy. Die woorde wil nie my tong verlaat nie. ‘Sy is swanger man en sy hou voort dus my kind!’ Half skreeu ek op Ammie. ‘Wat? Ek glo nie die man? Kalmeer ou neef maar ek is bly om te sien iemand in die familie het ‘n KIBO gemaak.’ Gaan Ammie voort. ‘Is jy dan van jou kop af, jy hoor mos ek sę dus nie my kind Fatima, het dit self gesę.’ Hy lyk effen verbaas. ‘En jy is bereid om Pa te speel?’ ‘Sy dit nie direk vir my gesę nie, verstaan jy nie sy het die vir iemand gesę nou die aand onder die lig paal toe ek van Johannes af kom.’ ‘Ek is deurmekaar …wat het jy in die nag by Johannes gesoek en die hele baby daddy ding?’ Ammie is heel deurmekaar hy haal diep in en dan uit asem om sin te maak van alles. Ek het my mond verby gepraat hoe lieg ek my nou uit hierdie uit, maar dan kry ek ‘n plan op die spot. ‘Ek en Johannes oefen in die nag omdat ek nog ‘n nuwe speler is en jy weet hy wil hę ons moet wen so dus help hy my after hours maar ons wou niemand se, dit net ‘n Geheim hou…en die ding met Fatima is ek en sy het seks gehad onthou ek jou gesę nou die dag in die besigheidstudie klas maar sy toe nie swanger van my nie sy maak asof dit my kind is want die man waarvan sy swanger is, is ‘n ouerige man.’ ‘Jislaaik dus mos complicated neef en smaak my jy en Johannes raak baie close ek raak somer jaloers want ek is gewoond ek en jy is kak close..maar hoe gaan jy met Fatima maak?’ Vra Ammie terwyl ons na die ander ouens loop wat onder die boom sit en wag. ‘Sal maar wag tot die kind bore en dan sal ons alles uit figure dus al.’ Gaan ek voort ek weet hy is effens jaloers want ek en hy is baie close van geboorte af maar die lewe verander mos so Klein bietjie. ‘Aweh ouens!’ Groet ons die manskappe. ‘Jirrie Basil wat het jy vir Johannes gemaak die man is skoon wild om vandag hier ‘n draai te maak.’ Vra Wally. Wally is mos altyd oorig. ‘Neh niks major nie ons maar net ‘n disagreement gehad dus dit.’ Ek nie lus om die situasie van vooraf te verduidelik nie dus te veel admin. Ek het vir Johannes die hele pouse nie gesien, ook nie vir Fatima nie sy is weer besig om planne te maak dus wat ek dink. Ek eers vir Johannes na pouse gesien. Dus kom sit hy langs my in die Afrikaans klas Gewoonlik sit Ammie langs my by elke klas. ‘En nou waar moet ek sit?’ Vra Ammie heel deurmekaar. ‘Sit solank daar langs Wally man ek en Bruh B moet praat.’ Gaan Johannes voort. Ek is heel deurmekaar oor wat nou aangaan, een oomblik baklei ons die volgende wil hy langs my sit om te praat en ek sien ook maar Ammie beweeg na Wally se kant sonder ‘n woord. ‘Uhhhmmm wat soek jy nou weer?’ Vra ek effens sonder lus. “Coach is siek so daar is nie oefening vanmiddag nie kan jy net die ouens laat weet asseblief.’ Hy is dan mos die Kaptein van die span hy kon mos self die ouens laat weet het en die is stupid van hom, kom sit langs my net om my sulke twak te vertel. “Oh maar jy kon mos pouse toe ons almal saam is kom sę het …of is daar meer? Want ek kry die gevoel dat daar meer is wat jou pla, meer as die ding met Fatima meer as die ding tussen ons..” Die laaste part het ek gefluister sodat niemand wat naby sit kan hoor. ‘Hoekom het jy my gedreig? En hier check en en jy is nxa met mekaar…jy mag nooit my geheim uit haal nie want dan is dit die einde vir my jy moet verstaan…’ Fluister hy terug. ‘Ek wou nie man en ek dit nie bedoel is over vir ons altwee as die geheim moet uitkom so relax…’ Fluister ek terug. ‘Kan ons weer mekaar vanaand sien by dieselfde spot ek nog die sleutels…’ ‘n Gedeelte in my wil nee sę want skierlik speel sy woorde in my kop af toe hy wil hę ek en hy moet iets kyk en ek weier ek weet ek het ‘n helse moerse ding vir Johannes maar ek wil ons altwee beskerm die węreld hier buite is cruel, liefde soos ons sin is nie aanvaarbaar nie. ‘Is reg terwyl ons net praat jy weet ek wil ons altwee net beskerm…’ ‘Ek weet maar ek kan nie langer baklei teen my gevoelens vir jou nie ek kan nie…dit maak my dood van binne.’ En dus kom Mnr De Waal nader. ‘Ek hoop julle twee praat oor Afrikaans want ek hou julle nou al ‘n rukkie dop en dit lyk nie julle praat oor Afrikaans nie vat julle tasse en gaan buite tot die periode om is…’ Almal lag ‘Nie alweer nie.’ Kerm ek en Johannes gelyktydig. Ons daar op die stoep gesit vir een of ander rede het hy my best deer van kop tot toon en ek het nie eers agter gekom nie my kop was by Fatima en hoe ek gaan bewys dat dit nie my kind is nie. ‘Basil ..het iemand al ooit…’ Ek val hom in die rede ‘Johannes hoe bewys ek dat ek haar nie swanger gemaak het nie?’ Hy trek sy woorde terug en sluk ‘n erinstige knop in sy keel af ‘Ek weet nie, maar ons moet seker aan ‘n plan werk.’ Het hy sopas gesę ‘ONS' soos in ek en hy?? Ek wil vra maar los dit maar. ‘Soos?’ Vra ek in gedagte. ‘Ek weet nie maar ek sal aan iets dink, ek kan nie toelaat dat sy alles vir jou bederf nie.’ Gaan hy voort. ‘Ek verstaan …Maar ek wil jou nie hier insleep nie.’ ‘Wel ek wil help…’ ‘Okay as jy so voel.’ Dus lui die klok en ons twee staan op en wag vir die anders om uit te kom …. Paar ure later. Ek klim uit my kamer venster want ek weet Fanny en David sal nie laat ek so laat rond loop nie. My huiswerk was darem vroeg klaar die dat ons nie sokker oefeninge gehad het nie. Vir een of ander rede het Johannes my op die hoek naby ons huis gewag. Seker om seker te maak ek is veiling. ‘Hiers ek, Hoekom sal jy dan nou sulke klomp boodskape stuur?’ Vra ek die oomblik toe ek hom sien. ‘Jy vat lank man, ek staan nou al vir ‘n hele uur hier…’ ‘Jy weet mos nou jy oordryf kom ons loop voor iemand ons sien.’ En dus stap ons baie vinnig na die skool velde toe. ‘Ek vandag my mond verby gepraat oor ons meetings wat ons elke aand hier hou by Ammie maak ek het vinnig gelieg en gesę jy help my met moves vir die Game…’ Gaan ek voort toe ek agterkom Johannes is weer diep in sy gedagtes. ‘Damn ons sal moet Veilig speel want as ons nou al sulke slip ups maak en baklei by die skool gaan mense agter kom…’ Gaan hy voort terwyl hy die deur oop sluit. ‘Maar daar is mos niks tussen ek en jy nie ons is net brasse?’ Ek Agtervolg hom in. EK het vergeet om die deur agter my toe te maak. En dus staan ons stil, hy kyk diep in my oë ‘Niks tussen ons? Vok Basil ek is lief vir jou!! En ek kan nie meer die feeling hide veral as ek saam met jou is.’ Die trane verlaat Johannes se oë. “Ek moet bieg ek voel dieselfde oor jou maar…ek.’ Hy sit sy vinger op my lip en hy beweeg nader ek kan sy lyf teen my lyf voel. ‘Maar niks Basil dus mos nie reg nie ons altwee hou van mekaar wat keer ons? EK wil my hart op die spel sit vir jou ek weet ek moet dit nie so stel nie maar ek moet dit net sę want jy is alles wat ek wil hę.’ ‘SOCIETY keer ons!’ Skreeu ek terwyl die trane my oë ook verlaat. En dus dink hy nie twee keer hy soen my dat ek skoons my name vergeet en ek kan sweer elke keer as sy lippe myne raak voel ek die magic…. En soos ons soen hoor ons hoe maak die deur agter ons toe…en ons skrik so groot dat ons mekaar dadelik los… Daar is niemand by die deur nie…en dus hoor ons hoe iemand hardloop en Johannes hardloop agter na om te kyk wie dit is… Maar daar is niemand nie…’Stupid, Stupid!!! Hoekom jy nie die deur agter jou toegemaak nie wat van as iemand ???’ Hy hou sy kop vas. ‘Wat van as iemand ons gesien soen het Basil??’ Ek weet nie wat om te sę nie hy het elke reg om my te verskreeu want ek was nalatig… Dink julle die twee is betrap? Dink julle hulle GEHEIM is nou op die straat?


6 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page