top of page
Search

BEGEERTES 5

Updated: Nov 29, 2020

Ek kon sy lippe op my lippe voel. Ek kan nie die gevoel beskryf nie…ek is verbaas, geskok maar tog numb, kan nie ‘n woord uit kry nie. Ek kon hom nie eers terug soen nie, al het ek nou al jare ‘n crush op hom, kon ek hom net nie terug soen nie miskien van skok. Hy trek dadelik sy kop weg en staan vinnig op ‘Ek is jammer Basil, ek is jammer ek weet nie wat my besiel het nie, ek is jammer Basil.’ Hy hou sy kop en hardloop die lang gang af. Ek skreeu nog agter na ‘Dus Okaaay Johannes!’ maar hy kyk nie eers eenkeer agter toe nie. Ek hou my kop ‘Wat op aarde het sopas gebeur?’ Ek moes maar die gear weg bêre, maar dan vang ek dat Johannes die sleutel het, so ek kan nie die deure sluit nie. Ek stuur hom dan ‘n boodskap. ‘Die sleutel, ek is nog hier, kom sluit asseblief voor ons môre in die moeilikheid is by coach.’ ‘EK KOM” Ek staan en wag baie nervous want ek weet nie hoe hy nou gaan reageer as hy terug kom nie. Ek het net paar minute gewag dus al donker buite toe ek hom sien aankom. Ek weet nie wat om te sê nie ek staan doodstil. ‘Jammer oor dit ek, ek ….’ Begin hy te praat die oomblik toe hy naby my is. ‘Sssshhht jy hoef jouself nie te verduidelik nie, ek verstaan jy was emotioneel en dat die soen ‘n fout was ek sal niemand hiervan vertel nie ek belowe.’ Daar is effens trane in sy oë ‘Dankie Basil dat jy verstaan dat dit ‘n fout was en dit sal nooit weer gebeur nie, ek mean ek is nie gay nie, jy is nie gay nie kom ons sien dit as ‘n fout wat tussen twee brasse gebeur het?’ Hy gee my sy hand om ter verseker dat alles oraait tussen ons is. Ek neem sy hand dit was een van die langste handshakes wat ek al ooit in my lewe ervaar het, ons hande wou eenvouding nie uitmekaar nie en ek kry skierlik ‘n warme gevoel in my maag. ‘Uhhhmmm…’ Probeer ek die handshake breuk. ‘Jy is reg is tyd om te sluit en te gaan .’ Hy los dadelik my hand en gaan na die locker kamer se deur en sluit terwyl ek agter hom staan en wag. En soos blits draai hy om met die volgende woorde. ‘Maar vok Basil, jy is sexy.’ Sonder dat ek nog ‘n woord kon sê voel ek sy lippe op my lippe en hy begin soen my met passie en ek kan ook nie weerstaan nie. Hy gooi my behoorlik teen die muur dat my rug antwoord gee, terwyl sy lippe nog op myne is. Ek was nog nooit so kwaai gesoen nie, ek kon letterlik voel hoe die sweat druppels besig is om van my bors af te loop. En toe hy my los, smag ek Behoorlik na asem. ‘Kom ons loop, maak hy ‘n voorstel.’ Ek is doodstil kan nie ‘n woord uit kry ek agtervolg hom stadig maar seker. Ek kan nie glo dit het gebeur nie. Ek knyp myself effens om seker te maak ek droom nie. Maar dit was glad nie ‘n droom nie. ‘Sien jou dan môre Basil en nie ‘n woord hiervan nie asseblief nie eers vir Ammie nie.’ Smeek hy voordat hy sy rigting huistoe vat. ‘Ek belowe my Bruh! nie ‘n woord nie ons geheim.’ ‘Dit mag nie meer gebeur nie Basil.’ ‘Ek stem saam.’ En dus loop elkeen sy eie rigting. By die huis kom, is David alweer besig met drama. Hy en Fanny stry alweer. ‘Naand Ma, Naand Oom.’ Groet ek nog toe ek die huis binne gaan. ‘Hou jou vokken “Groet” jy steek mos vir ek en jou Ma aanmekaar!’ begin praat David direk met my. ‘Hoe meen oom?’ ‘Jy sê mos ek vat die geld wat sy vir jou elke oggend los, en Hoekom kom jy nou eers van die skool af?’ Hy staan nader asof hy my wil slaan. ‘Los my kind uit, jy is gesuip en nou soek jy moeilikheid, vanaand bel ek die blou ligte vir jou slegte ding. Betere werk gaan soek!’ Skel Fanny ook van ‘n kant af. ‘Jy laaiks die laaitjie se part van jou vat, ek gaan hom nog dik moer! Hy moet weet ek is die baas van die plaas, ek slaan die guitar in die huis.’ Ek staan daar ‘Ek is jammer ek kom so laat, het sokker oefeninge gehad en was my beurt vandag om te sluit.’ ‘Jy hoef jou nie aan die dronkgat te explain nie my kind. Hy voel Homself, weer vanaand hoor jy nie hy sê hy is die man van die huis nie, more like the man of the skokiaan as jy my vra, Gemmer suiper.’ ‘Ek gaan liewer my huiswerk doen, roep maar as die kos reg is.’ Ek verskoon my dadelike van die aklige conversation. Maar net toe ek wil loop, voel ek ‘n warme hou op my oog… DIE BOGEYMAN WORD ‘N REALITEIT..BLOED STAAN OP VIR BLOED - EK PLEIT ELKE SOGGEN EN SAANS DIE BLOED VAN JESUS OOR ONS HUIS VIR BESKERMING…. My oog pyn dadelik en dus besef ek David het my ‘n vuis hou op die oog gegee. En voordat ek nog wil terug slaan is Fanny in die middle. ‘Ma kom uit die pad uit, laat ek en die man mekaar soos manne bliksem.’ ‘Basil gaan tog net na jou kamer asseblief, ek nie krag hiervoor nie asseblief my seun ek sal met hom deal, netnou maak jy hom dood dan gaan jy tronk toe asseblief ek smeek jou.’ ‘Nee laat hy my wys wat hy in sy pype het.’ Ek het daar gestaan kwaad, wil verby my Ma slaan, maar dan dink ek, ek is mos nie so groot gemaak nie, so ek luister liewer na my Ma en loop na my kamer toe. Hy het nog aan daar binne gegaan maar Fanny het hom kalmeer. My oog was dik en blou gewees. Ek het nie eers aand ete gaan eet nie, ek was te kwaad om te dink my dag was so perfek gewees is net twee mense wat dit altyd omkrap, FATIMA EN DAVID, sou sweer die twee is gestuur om my lewe hel te maak, Ek kon nie eers reminisce oor wat tussen ek en Johannes gebeur het nie want al wat ek aan kon dink was Fatima en haar kamstige swangerskap en dan is daar David duiwel. Die volgende oggend is ek vroeg weg sonder om enige iets te eet ek was voor Fanny weg wat gewoonlik ses uur loop. Ek was oppad na Ammie hulle se huis al het ek nie lus vir my auntie nie maar ek kan ook nie so vroeg skool toe gaan. Ek klop toe en Ronel maak die deur oop. ‘Môre Basil en as jou so lyk, saam wie het jy baklei seuna?’ vra sy die oomblik toe die deur oop gaan. Ek huiwer, huiwer ‘n bietjie want ek is bang as ek haar gaan sê en sy konfronteer vir Fanny dan gaan daar groet moeilikheid is, my Ma laaiks mos nie ons moet uit die huis praat nie. Privaatheid is haar grootste prioriteit. ‘Sommer net teen die muur geloop Auntie Ronel.’ Lieg ek sonder om ‘n oog te knip. ‘Uuuuhhhhmmmm Ja, wat so sê hulle almal, kom liewer in kind, Ammie het nou eers gaan was maar jy kan solank daar binne sit.’ Sy probeer om nie meer uit te wis nie maar nuuskierig is sy defnitief. Ek het toe in gegaan en voor die TV gaan sit en vir Ammie wag terwyl Ronel besig is om haar kinders se skool klere te stryk. En die eerste ding wat Ammie ook gesien het was my oog. ‘Jirri neef wie het vir jou so geslaan, gee die naam en die adress en ons gaan maak kak daar. Jirri my bru is dan BAD.’ ‘Ek weet maar, ek het teen die muur vas geloop Gisteraand.’ ‘Kom ons loop dan vertel jy my want ‘n muur kan darem nie so ‘n perfekte hou vir ‘n ou gee nie.’ En met dit vat ons, ons tasse en groet vir Ronel en loop by die deur uit ek is vrek honger maar moet maar net sterk wees vandag daar is nie ‘n ander keuse nie. ‘Is David’ verlaat die woorde randomly my mond. ‘Wat???Die vark en wat sê jou Ma?’ ‘Jy weet soos Gewoonlik, lyk dit vir my sy vat alweer sy part want sy het letterlik in die pad gestaan toe ek hom wil bykom.’ ‘MXM Jy moet hom vanmiddag bliksem as jy uit die skool kom en hy tiep weer op die stoep skop daai gemmer uit sy maag uit.’ Dus nogals ‘n plan maar ek gaan nie op David se level daal nie, laat hy maar doen soos hy wil sy dag sal kom, Ek lag effens ‘Miskien, maar ja laat ons by die skool uitkom.’ Ons het geloop en gesels en soos ons in die skool hek gaan, kan ek Letterlik voel hoe almal se oë op my is. En dan sien ek die Dragon Lady aankom. ‘En as my Baby Daddy se oë dan nou so lyk?’ sy vryf haar maag. Ek het net daar gestaan en my oë gerol. ‘Een van daai dinge Fatima. Ek neem aan jy het al getoets as jy jou maag so vryf?’ ‘Uhhhmmm nee nog nie, maar ‘n vrou weet mos wanneer sy weet of hoe? maar jy is mos nie ‘n vrou nie so ek verwag nie jy moet verstaan of weet nie.’ ‘My skat jy moet eers seker dan maak voordat jy vir jouself vals hoop gee, ek dink anyways die ding tussen ek en jy moet eindig voordat iemand seer kry.’ Probeer ek in ‘n kalm manier sê. ‘Die ding eindig wanneer ek sê dit eindig, verstaan ons mekaar, jy gaan nie nou all of ‘n sudden vir my los, almal weet jy het my Virginity gevat.’ Ek verstuk amper het sy gesê haar “Virginity” nee skat jy lyk soos ‘n ou Perd. ‘Ek nie krag hiervoor nie Fatima, ek het genoeg op my plate, ons praat wanneer jy jou houding verander het.’ En met dit stap ek stadig maar seker weg. Sy nog daar Geskreeu “Basil, Basil luister as ek praat.’ Maar ek gemaak asof ek niks hoor nie. Die klok het gelui en ons staan in ons rye vir Wiskunde klas vir een of ander rede voel dit asof Johannes my vandag soos die pes vermy…. Soms is mens baie onseker oor die lewe en hoe dinge gaan afspeel. Soms verloor mens jou vertroue in jouself en die Here age-old van dom besluite wat mens neem. Maar tog moet mens foute in die lewe maak om daar uit te leer niemand is te perfek om ‘n fout te maak of om te val nie. ‘Basil my neef waar is jou gedagtes alweer?’ Bring Ammie my terug aarde toe want ek was alweer in my gedagtes, sit en dink oor hoe mens soms foute maak. ‘Jy weet ek het baie deesdae op my mind.’ ‘Kom ons gaan eet liewer, ek het brood.’ Maak Ammie ‘n voorstel. Dit is pouse. My vermoede oor Johannes wat my soos die pes vermy was reg gewees. Hy het heeltyd in die klas net op sy boeke gefocus en wat die onderwysers gesê het en dus so nie hy nie, hy is altyd die clown van die klas, maak grappe en gesels gedurig. Ek sal lieg as ek sê ek het nie effens sleg gevoel nie. En boonop vra en lag almal oor my blou oog. Johannes is ook nie te siene, hierdie pouse nie, hy sit nie saam ons nie maar hy maak elke pouse ‘n draai om oor vanmiddag se sokker oefeninge te praat en die strategies. Miskien was alles wat gebeur het gister in die locker rooms net ‘n groot fout gewees. Johannes kan nie gay wil wees nie. man hy is dan so straight soos ‘n paal en hy het my nog nooit daai vibes gegee nie. Of ek weet nie ek is heel deurmekaar en wat dinge awkward veder gaan maak is die feit dat ons nog oefeninge later het. ‘So ouens julle al gedink oor wie om uit te vra vir die Matric Ball?’ Vra Wally een van Ammie se brasse. ‘Neh ou broer, ons wat mos nie in verhoudings is nie gaan aleen ball toe.’ Maak Ammie ‘n grap. ‘Ek nie eers daaraan gedink nie, ek glo anyways nie ek gaan, gaan nie.’ Maak ek ’n opmerking. ‘Hoekom sal jy dan nie wil gaan nie bra, Jy het dan die hotste Goose op die skool terein.’ Vra Wally terwyl sy hand ook diep in Ammie se brood blik is. Die hotste Goose?Jislaaik hy mean seker die maalste ding op die skool terein. ‘Glo nie my Ma het gebudget vir matriekafskeid nie en ek nxa ook nie daai pressure op haar nou die tyd van die jaar sit nie, gaan maar swaar by die huis die dat sy aleen werk en alles.’ Ek was dood eerlik gewees ek kry nooit skaam oor my omstandighede nie. Daai Fancy suite dra mens anyways net vir paar ure en na daai vergaan hy van die stof. ‘Neef die is die belangrikste dag van ons almal se lewens, jy moet gaan ons family sal plan maak, jy weet mos hoe is ons as dit by sulke goed kom maar jy moet daar wees.’ antwoord Ammie om my te verseker alles sal reg wees. ‘Sien jy ou broer daar het jou neef jou back. jy hoef nie te worry nie, maak net seker jy vra Fatima jirri.’ Gooi Wally ook sy sent in die bord. Ek net gesug terwyl ek die brood in my mond druk. As hulle maar net wil verstaan watter tipe persoon Fatima is. Pouse was om gewees en soos ons in die lyn staan, staan en hou ek vir Johannes dop. En vir een of ander rede kyk hy om dus asof hy gevoel het ek kyk hom vas. Hy kyk in my oë en kyk dadelik weer voor hom. Dit was LO klas en vir een of ander rede moes ons groep werk doen en die onderwyser het ek en Johannes en Ammie in een groep gesit om saam te werk. Ek het probeer gesels en antwoorde vir uitwis vir die groep Actiwiteit terwyl Johannes daar gesit het met ’n mond vol tande en Ammie het dit dadelik agterkom. ‘Wie het weeer die man se pap vandag gesteel? Ons hoor skaars ’n geluid van jou in die klasse.’ Vra Ammie in ’n graperige manier. En Johannes byt sommer dadelik sy kop af ’Niemand hoef my pap gesteel het nie, kan mens nie net vir een donderse dag stil wees nie dan moet daar ’n fout wees?’ Hy ruk homself dadelik op en gaan na die Juffou om te vra kan hy klas kamer verlaat. Ek en Ammie kyk mekaar ons albei weet nie wat so pas gebeur het nie. ‘Is seker weer daai tyd van die maand.’ Gaan Ammie voor. ‘Wil jy vir my sê Johannes is op sy periods’ Ek lag effens. ‘Sekerlik want ek maar net bekommered oor die man en hy byt my kop so af’ Gaan Ammie voort. ‘Seker maar gestree oor die wedstyd wat aankom die dat hy sy beste speller verloor het en nou met my wat nog basies leer opgeskeep sit.’ Probeer ek hom nog verdedig. ‘Kan wees maar hy hoef nie te stress nie ons het mos alles onder beheer.’ ‘Weer waar neef.’ Johannes is steeds in ’n helse by en hy haal dit vandag op almal uit wat sy rigting kyk Letterlik almal. En ek het maar net alles van ’n distance af observe want ek is die rede waarom hy in sulke by is ek moes hom nie terug gesoen het nie ek moes hom net weg gestoot het, ek voel dat ek alles erg gemaak het toe ek hom terug soen met passie. En vir een of ander rede speel die hele vry stuk in my kom af heen en weer soos ’n gebroke plat. Die dag het stadig maar seker verby gegaan met almal wat net vrae het oor my blou oog en ek moet net lieg hier en daar. Ons was op die soker veld reg om te begin oefen. En voordat ek my foon in my rugsak weg bêre kom daar ’n boodskap deur van Fatima af. ‘Babe ek nodig ook ons tyd ek verlang jou, jy is deesdae net besig met sokker oefeninge en ek is ’n vrou met needs.’ Ek het net ’n helse sig gegee en die foon in my sak gegooi en veld toe gedraf. Dus Johannes aan die een kant wat my mix vibes gee en dan is dit die Dragon Lady wat voel sy kan net met ander mense se lewens maak way sy voel is goed en ek het nou mooi genoeg van haar gehad. ‘Julle reg manne?’ Vra coach voor hy die fluitjie blaas. En almal dui aan dat hulle reg is. Johannes speel skoon nonsense vandag hy pass vir niemand die bal nie is net hy wat goals score, hy show Behoorlik off vandag. En soos een voel ek, ek lê op die grond. Ek het vrek hard geval. ‘Johannes! Wat the vok gaan aan vandag met jou, jy kan mos nie net vir Basil so trip nie!’ Begin Coach Kotze te raas…..



11 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page