top of page
Search

BEGEERTES 4

Updated: Nov 29, 2020

Die woorde het uit my mond gevlieg daar was geen keer. ‘Damn, nou kan jy maar ‘n Klein Basil of Fatima’tjie verwag.’ En dan bars sy uit met ‘n lag. ‘Watter Game is jy besig om hier te speel Fatimmmmaaaa!.’ Ek het begin kwaad raak en as ek kwaad raak het ek nie beheer oor my aksies nie. ‘Jy moes daaraan gedink het, maar nee jou onskuldige hormone het oorgevat.’ Sy is kalm soos mōre die heeldag. En hier freak ek uit. Ek het vir Fatima huistoe gevat en toe gaan ek huistoe. Baie woorde en goed het in my kop begin maal. Die volgende oggend. ‘Jy en Ammie het laat aan die taak gewerk, het my sissa nie weer gekerm omdat jy so laat oor was?’ My Ma was besig om klaar te maak vir werk en ek besig om klaar te maak vir skool. ‘Nee.’ ‘Wat is jy so kort af?’ ‘Ek is nie, ek voel net nie lekker nie. Okay.’ ‘Wat is fout Basil, ek ken jou mos nie so nie.’ ‘Niks nie Ma. Kan ons dit nou los.’ En dus toe my Ma ‘n helse lawaai maak. ‘Dus nou jy en daai slegte ding wat daar binne lê, julle irriteer my. Wanneer gaan dit op hou???’ Ek wil nog iets sź maar is te bang ek kry nou ‘n hou met die houtlepel. ‘Geniet Ma se dag.’ Ek is vinnig uit die Kombuis uit. Oppad skool toe begin my sondes my pla. Hoe kon ek dit toelaat??Hoe kon ek? Ek was nooit reg hiervoor nie. Dit laat ek my seksualiteit van voor af bevraag teken. Hoe kan ek dink ek is gay maar my hormone reageer wanneer ek met vrou mense is…. My magtig ek was so seker van my saak hier bevind ek my nou weer tien stappe terug in die kas. Ek moet nou net ‘n mans mens soen om honderd en een keer seker te maak, maar ek kan maar vergeet niemand is soos ek nie. Ek kry skaam vir myself paar dae gelede was ek "all about being myself." Ek geniet tog Johannes se geselskap, ek voel iets as ek rond om hom is. En ek voel iets as ek rond om Fatima is. Skierlik voel ek ‘n hand op my skouer. ‘Yip buddy.’ ‘Verflaks’ ‘En nou?’ ‘Nee niks ek het somer maarnet geskrik.’ Dus Johannes. ‘Okay, waar is Ammie?’ ‘Ek weet nie.’ ‘Jiss ou wie het jou pap gesteel?’ ‘Hoe nou?’ ‘n Uil maak HOOEEE HOOEEE, Jy kan vanmiddag saam my huistoe kom om jou sokker klere te kom kry.’ ‘Aweh.’ Die lewe is soms onregverdig; mens bevind jou in situasies waaroor jy geen beheer het nie. Ek moes van beter weet, ek moes my hormone intoom gehou het. Maar nee ek het nie. Die dag het stadig geloop, ek kon nie Fokus in die klas nie, my gedagtes was net op Fatima en die nonsense wat ek aangevang het, wat van sy is rerig swanger. Ek is nie gereed om ‘n Pa te word nie. Daar is so baie wat ek nog wil doen, Varsity toe gaan en klomp ander dinge, ‘n kind sal alles net kompliseer. ‘Awe neef. Wat is jy vandag so stil.’ ‘My bru ek het Gister in ane dinge gedala, nou regret ek dit.’ Dit was ‘n periode voor pouse en Meneer Witbooi was nie in die klas, almal het gepraat en dit was net ‘n helse geraas. ‘Wat het jy gedala neef?’ ‘Ek ….ek Fatima.’ Dit was al wat uitgekom het, op hierdie staduim kon ek nie glo wat ek gedoen het. ‘Praat my bru, Jy weet ek sal niemand sź.’ ‘Ek en sy het seks gehad.’ ‘Damn! Bra jy laat mos nie op jou wag, julle sien mekaar net 2 dae! Neh Hond!, ek het groot respek vir jou. Life my bru.’ Dus nie iets waaroor ek trots is nie, maar Ammie maak ‘n big deal van 'die'. ‘Jesus neef en ons nie eens protection gebruik nie.’ ‘Woah! Was julle so honger dat julle nie eens gedink het?’ ‘Damn! Dit was rerig iets wat vinnig en onverwags gebeur het. So daar was nie nog tyd nie.’ ‘Jy moet maar bid alles is oraait. Want Aunty Fanny gaan nie nog lag met jou as jy ‘n KIBO(kind) huistoe bring.’ ‘Naai my bru ek glo darem nie daai sal gebeur nie, Fatima sal mos nie wil somer swanger raak, haar image is mos vrek Belangrik.’ Die dragon lady is instaat tot alles toe, sy sal nie eens skaam kry om haar pensie hier rond te dra op die skool gronde nie, maar hy is reg Fanny maak my vrek as ek ‘n swanger vrou huistoe bring. Ons twee het nog gesels toe kom Meneer Witbooi in en almal is somer doodstil. ‘VANDAG GAAN JULLE BRUIN VELLE vir ou ROOI JAN mooi leer ken.’ Rooi Jan is die meneer se wapen, ‘n plank waarmee hy ons elke keer discipline. Almal begin smeek sodat hy ons nie kan slaan nie want die plank maak vrek seer. Die Monitors van die klas is net so stupid, niemand het name geskryf nie so almal moet nou pak kry, selfs die onskuldiges. Ons almal moes buk vir ons geluk. U IS TOG ONS VADER, HERE, ONS IS DIE KLEI WAARAAN U ‘N VORM GEGEE HET. U HANDE HET ONS ALMAL GEMAAK. Die woorde het in my kop gemaal nadat ons lekker pakslae gekry het omdat ons almal geraas het. Ons sit- vlakke was seer gewees. Maar vir een of ander rede sit en dink ek aan hoe God ons almal uniek gemaak het, hy het sy tyd gevat om ons perfek te maak, maar tog is ons imperfect. Almal het tog hulle foute en hulle sondes, maar God gee nie om nie, hy aanvaar jou soos jy is. Maar Hoekom aanvaar ek Basil myself nie? Hoekom is ek bang oor wat mense gaan sź of dink. Dit was pouse gewees en ek en Ammie het soos altyd saam gechill met die ander ouens. ‘Naai man, daai Monitors moet ons terug kry hoe kan hy nie wil name skryf nie en nou moet ons almal slae gekry het, neh die kak werk mos nie.’ Brom Ammie nog aaneen. ‘Neef dit gaan nie help jy wil vir Lorenzo slaan nie, ons almal klaar pakslae gekry ons moet vrede maak.’ En dus kom Johannes, ek kan nie help as om hom vas te kyk nie en die oomblik toe hy sien ek kyk hom vas, kyk hy dadelik af. Daar is iets omtrent Johannes wat ek nie kan verduidelik nie. Dalk is hy ook 'into me' of dalk is hy nie. ‘Awe ouens wat gaan hier aan?’ wil Johannes weet. ‘Ons praat maar net oor die hele pakslae ding, dit was heavy onnodig.’ Antwoord ek dadelik. ‘Ja neh ek stem saam maar ek wou net laat weet ons gaan moet vanmiddag oefen tot 7 uur hoop julle manne is reg. Coach wil nie die game wat kom verloor nie en since Basil nog nuut is in die span wil Coach Kotze seker maak ons almal gel as ‘n span.’ Ek het alweer skoon vergeet. ek het ingestem oor die hele sokker ding, ek begin te twyfel want as ek nou elke Middag moet sokker oefeninge toe gaan, wat van my skool werk ek hou reeds nie van in die nag goed doen nie, maar ek sal maar seker net moet plan maak. Sokker is tog nie so ‘n slegte idea nie op die einde van die dag kan ek elke dag langs Johannes speel en tog kry ek oefeninge terselfde tyd. ‘Jirri weet coach nie dat ons dit het nie? Ons wen daai game lag lag man.’ Gooi Ammie sy komentaar by en die ander ouens stem net saam. Ek het daar gestaan en vir Ammie aangekyk wat nou so confident is. En al wat Johannes gesź het was ‘Ek bring maar net die boodskap ouens ons sien mekaar in klas.’ En dus loop hy weer. Ek kry ‘n text message van die Duiwel haarself Fatima…. ‘Basil, kom gou gou tot hier naby die meisie toilet my lief ek en jy moet praat.’ Ek zone somer dadelik uit…sy kan nie wil swanger wees nie, nie so gou nie ons het net paar aande terug dit gedoen, dit kan nie wees nie. ‘Ek kom nou Fatima wil my gou sien.’ laat weet ek die ouens. ‘Sure, sure neef gaan kry jou soentjie vir die dag.’ Maak Ammie ‘n opmerking. Ek net gesmile om weg te steek hoe nervous ek einlik is. Want met die dragon lady weet mens mos nooit nie. Ek is toe weg… Soos ek aankom kan ek sien Fatima is nie lekker nie…haar lyf taal vertel alles. ‘Basil ons moet praat ons het mos nou die aand unprotected sex gehad…’ Ek wou dit net van my brains af kry, maar dit is realiteit, dit het gebeur ek moet dit face. ‘Ja …ek weet ons het …wat daarvan?’ ‘Ek kan dalk swanger is Basil…Verstaan jy nie die erins van die saak nie???’ Ek het daar gestaan met my hart wat in my keel klop dit kan dalk wees maar dus nog way way too early to tell. ‘Fatima moet nie oordryf nie, dit het paar aande gelede gebeur, jy kan nie nou al wil vermoed jy is swanger nie, kom ons vat dit eendag op ‘n slag.’ Sy staan nader en vryf my kop, ‘Maar ek soek dan tog jou baby, kyk net hoe oulik is jy imagine hoe ek en jy se baby gaan lyk hy of sy gaan miskien aantreklik soos jy lyk met ‘n bomb ass figure soos ek.’ Daar waar ek staan voel dit asof ek myself kan nat pis. ‘En seker so mal soos jy.’ Die woorde het my mond somer net verlaat sonder dat ek daaroor gedink het. Fatima raak dadelik kwaad en gee my ‘n helse klap. ‘Dus die laaste wat jy my mal noem.’ ‘Ek is jammer ek nie bedoel om …’ ‘Jy het dit bedoel so los my af.’ en met dit stap die dragon lady weg. Waneer gaan alles eindig? Miskien wanneer ek die waarheid gaan praat en dit net van my bors afkry. Ek het my kop vir ‘n oomblik vas gehou en my rugsak op die grond gegooi en begin skop ‘n groep meisies het my nog aangekyk maar toe hulle sien dat ek na hulle rigting kyk loop hulle sommer dadelik. Die klok het gelui en ek is klas toe. Die dag op skool het so vinnig geloop dat toe ek my weer bevind is ek op die sokker veld besig om te oefen en vandag het ons extra ure om te oefen omdat coach voel ons moet harder begin werk. Johannes is vandag weer in sy element, is net hy wat goals score, links en regs. Ek hou hom heeltyd dop hy is baie gefocus en Erinstig. Mens kan sien sokker is sy passie. ‘Neef is jou beurt’ maak Ammie duidelik. ‘Sure, sure.’ Ek hardloop ewe Erinstig op die veld en begin my ding doen maar hel Johannes is vrek vinnig vandag. Sokker help nogals om my mind van die Dragon Lady en haar dinge af te kry. Toe ons klaar is, roep coach vir ek en Johannes. ‘Is julle twee se beurt om die locker rooms te sluit en seker te maak die balle is gebźre en alles.’ Gee coach ‘n opdrag. Ek wou nog sź dat ek huiswerk het maar ek moet my maar net in hou en ek sal mos nie nee sź om paar minute aleen saam met Johannes te spandeer nie. ‘Dus regso coach.‘ Laat weet Johannes. ‘Ammie se tog net my Ma waar ek is dat sy nou nie worry nie asseblief neef.’ Laat weet ek vir Ammie. Ek en Johannes tel die gear op en loop stadig maar seker na die locker rooms toe waar die goed moet gebźre word. Nie een van ons praat ‘n woord nie dus doodstil en die vibe is nogals bietjie awkward. Dus vra ek ‘Hoe was jou dag?’ net om die stilte te breek. ‘Sleg ou bra sleg, alles werk net op my gat.’ begin Johannes aggresief klink. Ek is bang om te vra wat fout is maar whatever hom pla, maak hom baie ongelukkig. ‘Ek luister wie jou wee omgekrap?’ vra ek bietjie baie huiwerig. Toe ons binne is gooi hy die gear op die vloer en sit plat met sy kop op sy hande. ‘Die hele sokker ding, my ouers of kom ek sź my Pa voel dat ek ‘n sports man moet wees na skool soos professional sokker speel en dus nie wat ek wil doen nie, Ek het ander drome maar ek moet nou my Pa se drome volg en dit maak my so Bleddie wil seer, want ek wil doen wat ek wil doen. Ek sien nie sokker as ‘n loop Baan nie, nie vir my nie.’ Begin Johannes oop maak. Daar waar ek staan weet ek nie wat om te doen nie, ek het nog nooit vir Johannes so onsteld gesien nie. ‘Het jy jou Pa vertel hoe jy voel?’ ‘Ek het nie Basil, ek is bang ek is bang hy gaan dink ek is ‘n papbroek, ‘n sissie.’ ‘Hoe bedoel jy met ‘n sissie?’ ‘Ek hou van bak en kook. Wil ‘n professional chef word eendag en dit aleen gaan laat my Pa dink ek is ‘n papbroek.’ Ek het nooit geweet hy kan bak en kook nie. Ek sit die gear neer en gaan sit langs hom. ‘Dit sal oraait wees, ek weet hoe dit voel om te pretend dat jy iemand is wat jy nie is nie, so ek kan relate hoe jy voel in ‘n manier.’ Ek sit my hand oor sy skouer sonder om te dink. ‘Hoe mean jy? Oor wat pretend jy Basil?’ Die vraag het onverwags gekom en ek moes vinnig dink vertel ek hom die waarheid of nie want hy het so pas oop gemaak by my maar dan besluit ek om ‘n leeun te vertel. ‘Ek het ook ander drome en DESIRES wat ek nie dink society sal aanvaar nie.’ Dit was toe nie so ‘n groot leeun nie dit was effens die waarheid gewees. En dus kyk hy op sonder enige woord wat sy mond verlaat hy kyk skierlik diep in my oė…. En sy kop kom stadig maar seker nader en toe……..






10 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comentarios


All Videos

All Videos

bottom of page