top of page
Search

BEGEERTES 2

Updated: Nov 24, 2020

Na die oefen sessie het my asem Behoorlik gejag. ‘Iemand is lekker uit shape uit!”. ‘Wel my bru, jy weet ek is nie gewoond nie.’ ‘Jy sal moet gewoond raak outjie, coach is impress met jou skills.’ Say what now???Ek het maar net gedoen wat my instincts my vertel om te doen. ‘Arrrg nee man. Moet nie laf wees, jy weet sokker is nie my ding. Onthou hoe ek agter Ammie gehardloop het?’ En dus die eerste keer toe rerig hoor hoe Johannes kan lag, en dit oor iets wat ek gesê het. Wel hierdie gesprek gaan goed. ‘Hoekom moet jy my nou daarin Herinder, daai was funny dude! Ek picture dit nou weer van vooraf.’ ‘Jy gaan nie, maar atleast was ek vandag better right?’ ‘Jy het kwaai improve brah!’ ‘Aweh dan masekind, laat ek waai, moet huiswerk kla gaan maak.’ ‘Sure! Kom join jy wee môre?’ ‘Sal maar check hoe die weather lyk.’ Kan nie glo ons is in een klas maar hulle vat alles so ligtelik en dus ons laaste jaar. Baie mense wil weet, hoe weet jy dat jy nie belang stel in meisies nie??? Jy het dan nog nie eers een gesoen nie. Wel meisies soos Fatima dryf jou na ander mans se arms. Dus ‘n leeun. Somige mense weet net. My storie is anders ek het wel ‘n meisie op laer skool gehad. Alles was oraait totdat dit by ons eerste soen gekom het, daar kon ek agter kom. Dus iets waaroor jy glad nie beheer het nie, jy kan nie kies op watter geslag jy verlief raak nie dit gebeur net. Dink jy mense soos ek kies om so te wees? Wie sal nou so ‘n lewe wil kies waar mense jou constantly judge? Ons almal wil tog nie gejudge word nie right? EK het heelaand lê en dink aan Johannes… damn sy lag was net prysloos en ek kon die adrenaline regoor my lyf voel. Miskien is dit nie ‘n slegte idea om tog die sokker span te join nie. ‘Kan Mammie net asseblief die geld wat Mammie vir my los elke oggend in my kamer kom sit.’ Vir een of ander rede het Fanny heel uit haar pad gegaan om ontbyt te maak en guess who’s sitting right across me…die geld dief. ‘Hoekom? Basil’ David het my ‘n helse kyk gegee, as looks kon dood maak was ek dood op die toneel. ‘Uhhhmmm ….as ek hier onder kom dan is die geld wat Mammie gelos het net weg.’ Sy kyk dadelik vir David. ‘Vat jy die geld, want God weet jy is dronk elke Bleddie dag vir iemand wat by die huis sit.’ ‘Meide blame jy nou vir my, jou laaitie praat kak. JY weet dan ek lê nog as jy span toe gaan.’ Jesus ek verloor somme my appetite.’ David kan sy rol baie goed vertolk hy verdien ‘n OSCAR. Net paar woorde en Fanny glo hom. ‘Baby ek is jammer ek het jou verdink. Kom eet jou kos klaar, jy het ‘n lang dag wat voorlê.’ En net soos daai, is all forgiven, sy het nie eers attempt om my kant van die storie te luister. Ek is uit by die deur sonder om te groet. ‘Sien jy die laaitie van jou is disrespectful, hy nodig ‘n les geleer word.’ Hoor ek David sê toe ek die Kombuis deur toe maak. Hy moet dit wag dus die vinnigste manier hoe hy ‘n ticket hell toe gaan kry. Oppad skool toe, gewaar ek vir Fatima. So wil haar nog dodge maar sy het my lankal sien aankom. ‘Babe’ Sy gee my ‘n stywe drukkie wat ek Behoorlik voel. GEEZ! Sy is rerig vol van haarself glads ‘BABE’ Speel ek nou saam of vertel ek haar hier en nou ek stel nie in haar belang?’ ‘Fatima, ons date nie.’ Haar gesig het vinnig van verlief na ‘n moet nie met my mors verander.’ ‘Basil! Dit maak nie saak nie, ek soek jou en jy van aller mense weet ek kry wat ek wil hê.’ ‘Maar …ek is nie jou tipe of kom ek sê jy is nie my tipe nie, kry vir jou ‘n ander speel maat, want jy gaan net seer kry.’ Die woorde ‘ek is gay - het amper my mond verlaat.’ Maar ek moes myself keer voor dit kon. ‘Jy gaan maak of jy my boyfriend is of jy dit nou laaik of nie laaik. Almal weet al klaar van ek en jy so wat jy nie gaan doen is dat ek soos ‘n liar voor mense gaan lyk. 'SO Glimlag en pretend. En in ‘n oog knip se tyd voel ek haar lippe op myne en ek het haar probeer weg stoot maar toe ek die geluide hoor van die ander skooliere het ek haar met passie terug gesoen. My hele lewe voel huidiglik soos ‘n leeun, wel dit is ‘n leeun. Ek date iemand omdat sy my nie juis ‘n keuse gegee het nie, dus haar way of die HIGHWAY. Sien dus asof ons in Jeremia 18 vers 4 lees ‘Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.’ Nog ‘n probleem wat ek het, ek probeer altyd ander mense te vrede stel. Die engelse woord sê dit tog so mooi ‘people pleaser’ dus wat ek is, ek sal liewer ongelukig wees ten koste van ander se geluk. Wanneer gaan ek begin om te glo dat my ‘nee’ wel ‘n ‘nee’ is en my ‘ja’ wel ‘ja’ is? Wanneer gaan ek ophou om vir mense te lewe? Hoe lank sal dit my nog vat om te besef dat ek is verantwoordelik vir my eie geluk. ‘Basil, Basil.’ Ek bevind my huidiglik in die besigheidstudie klas, maar het geen idea waaroor die hele tema van vandag gaan nie alles omtrent hierdie dag is net anders. Ek moes vinnig weer bykom want my gedagtes het alweer oorgevat soos GEWOONLIK.

WILL TYPE STORIES OVER THE WEEKEND NOW,,, GOT TO GET UP IN THE MORNINGS TO EXERCISE ABIT… THANKS FOR UR’LLS SUPPORT… XOXOXO


4 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page