En toe ek net wil loop kom die dokter uit. En sê Johannes het dit gemaak en ons kan hom sien oor paar minute. Jy kon die verligting in sy ouers se gesig sien en ek het automaties begin reg asemhaal. My Johannes is okay, hy is okay. ‘Basil gaan jy saam ons in?’ Vra Willem. ‘Nee Oom ek gaan net hier buite eers staan ek wil hom nog nie sien nie.’Gaan ek voort terwyl ek weer op die bank sit. ‘Dus regso seun, vat jou tyd.’ Gaan Willem voort terwyl hy in gaan. Nooit het ek gedink ek sal my in ‘n hospitaal vind. Dankie Here dat jy hom vir my nog gespaar het, jy het seker geweet ek sal nie kan sonder hom leef nie. Die lewe is soos ‘n Kamera, Fokus op dit wat Belangrik is vang die goeie tye vas, ontwikkel vanuit die negatiewe, en as dinge nie uitwerk nie probeer weer. Ek wou steeds nie vir Johannes sien nie ek wil hom eenvoudig nie in sulke toestand sien nie maar ek moet vandag na skool by hom uitkom. Ja, julle het reg gehoor dus Maandag oggend en my eerste dag op skool na my Ma hulle uitgevind het van ek en Johannes. Johannes se Ma was vroeg weg hospitaal toe so ek het basies met sy Pa om tafel gesit. Hy moet my aflaai by die skool. ‘Is jy seker jy wil skool toe gaan? Jy is ook traumatised Seuna met alles wat met Johannes gebeur het en met jou Ma hulle. Jy kan altyd by die huis bly en TV kyk, geen druk.’ Maak Willem ‘n voorstel. ‘Ek is seker ek wil skool toe gaan as ek moet by die huis bly wie gaan vir Johannes huiswerk kry? Of updated hou.’ ‘Weer waar maak klaar laat ons gaan.’ ‘Ek is klaar oom ons kan maar gaan.’ Ons het klaar gemaak en ek het my boeke sak gevat en al agter Willem geloop tot by die kar. Ek is baie bekommerd oor Ammie wat gaan hy sê. Ek het amper niks van hom die naweek gehoor en ek weet by die tyd weet hy niks in ons familie bly ‘n geheim nie. Maar wat sal ek maak ek moet tog die wêreld in die oë kyk en kan nie wegkryp nie en hoe wens ek Johannes was vandag saam met my om die dag aan te pak maar hy het sy eie stryd wat hy nou moet veg en dus om gesond te raak. Willem het my afgelaai, ek het hom gegroet en dis loop ek in die skool yard. Almal se oë is op my. ‘MOFFIE!!!’ Maak ‘n groep meisies opmerkings die oomblik toe ek verby loop. Ek het net aangeloop asof ek hulle nie gehoor het nie. Maar hoe weet almal? Seker weer Fatima. En dus gaan ek dadelik op die skool se blad en sien ‘n foto waar ek en Johannes in die lockers gevry het die aand toe ons Uitgevang was. Bleddie Fatima en Jimmy. Skreeu ek in my binneste. ‘HAHAHHHAAA ek hoor jou vrou is in die hospitaal, wie buk en wie staan?’ Vra ‘n groep manetjies soos hulle lag. Ek het net weer aan geloop na die klas. ‘Jirri my Bruh jy sê ook nie jy en Johannes knyp die kat in die donker.’ Maak Wally ‘n opmerking die oomblik toe hy my sien. ‘Ek nie gevra hiervoor nie.’ Gaan ek voort terwyl ek voor die klas sit met my kop in my hande dit het gevoel asof ek kan huil. ‘Ek judge nie my bruh, maar hoe gaan jy van Fatima na Johannes, jislaaik daai is dan bad.’ Gaan Wally steeds aan. ‘Bra kan jy my net uitlos ek nie prepare vir ‘n Interview nie, dus my lewe.’ Hap ek effens vir Wally. ‘Jislaaik ‘n man vra ook maarnet maar laat ek vir jou uitlos.’ En dus loop hy. ‘So lyk dit as mens sonde pleeg.’ Hoor ek Fatima se stem. ‘Bly weg van my af ek waarsku jou.’ Gaan ek al te kwaai aan. ‘En wat gaan jy aan my doen gaan jy my weer klap? Hierdie keer gaan melt ek jou by ‘n polisiestasie aan.’ ‘Jy het geen skaamte nie maar ek verwag nie iemand soos jy moet skaam kry nie jy klim immers groot bome vir jou ouderdom so Hoekom sal jy skaamte het, kom ek vertel jou vandag een ding jy mag dalk dink jy het gewen deur daardie foto van ek en Johannes te laat trend maar jy doen ons eintlik ‘n guns want nou weet almal en ons hoef nie meer voor te gee nie, jy gaan nog kry wat jou toekom en ek wens nooit sleg op mense nie want as dit actually gebeur dan kry ek hulle jammer, al wat ek sê is vir lekker jou lekker in ons seer.’ ‘ARRRGG Whatever.’ En dus loop sy. Ammie maak sy verskyning ‘Jy! moffie blameer mos my vokken Pa vir jou kak!’ Hy dink nie nog twee keer nie hy begin my te slaan. En ek slaan terug ek gaan mos nie laat hy vir my bliksem as ek niks verkeerd gedoen het nie. En dus breek Wally hulle ons op. ‘Jy vokken dink te veel van jou Pa daai ding is sleg!! En hoe gouer jy dit besef hoe vokken better.’ Half skreeu ek vir Ammie. ‘Jy is die laaste een om te praat Moffie hoeveel keer het ek nie saam jou gewas of kaal voor jou uit getrek, so jy check my die heeltyd uit. En dan wil jy van my Pa praat as dit waar is dat hy Fatima swanger gemaak het is julle ewe sleg. Ek soek vokkol van jou af nie jy is nie meer my neef nie.’ Skreeu Ammie. Die kinders het alles op video en dus gaan die post viral dat Fatima van Jimmy swanger is. My hart is diep seer hoe kan my neef dit van my dink, hy is die persoon wat ek die meeste van verwag het ek het hom nog altyd ondersteun, HOEKOM is dit so moeilik vir hom om my dieselfde to ondersteun? Hoekom? Toe ons Klein was wou ons net Grootword. Nou dat ons groot is besef ons verlore Speelgoed en Gebreekte kryte is beter as verlore vriende en familie. Die dag by skool was maar tragies gewees niemand wou saam my praat nie mees van ons vriende het na Ammie geluister en wou nie eers hê ek moes pouse saam hulle sit nie. Om te dink miskien sou Fatima die topic wees pouse omdat sy swanger is van ‘n 47 jarige. Maar nee almal wou net judge en woorde rond gooi asof hulle perfek is, ek het my probeer sterk hou maar voor pouse om is het ek in die badkamer gaan sit en huil soos ‘n baba. Al wat ek nodig het is ‘n drukkie van my Ma af om my te laat weet alles sal okay wees, dis al wat vir my nou sal laat beter voel. Ek het my trane af gevee en brave klas toe gestap. Die dag was rerig een van die langste dae ooit ek wou net by Johannes uitkom om te sien hoe dit met hom gaan. Die skool het uit gekom ek het stadig maar seker agter skare, skare kinders by die hek uit geloop dus hoor ek ‘n bekende stem wat staan en skel. Ek maak my way deur die skare en gevaar vir Aunty Ronel my Ma se sister. Sy staan en skel Fatima uit. ‘Jou slegte ding wat Huwelike opmors. Jou Ma jou nie maniere geleer nie HUH?’ Vra sy vir Fatima. Fatima staan daar ‘As jy jou man gee wat hy soek sal hy nie sulke ‘FRESH MEAT’ soos ek pla nie jou ou velle. So moet nie hier kom praat van maniere nie jy is donders wil groot om so aan te gaan kry skaam.’ Skel Fatima terug. En dus klap Aunty Ronel haar. ‘Jy praat nie met my so nie. Hoor ons mekaar.’ Fatima slaan vir Ronel in die gesig met ‘n vuis dat haar neus bloei. ‘Oh jy wil fight dink jy jou swangerskap gaan my keer???Dink jy???” Sy gryp Fatima aan die nek. Niemand keer nie almal is op hulle phones besig om videos te maak van die baklei. Sy wurg rerig vir Fatima dat haar oë vol trane skiet. Dus doen ek maar net die menslike ding en haal Aunty Ronel se hande van Fatima se nek anders gaan sy haar dood maak. Ammie is nêrens te siene nie. ‘Die moffie van my sister vokken keer my nog, is alles sy vokken skuld.’ Jy Basil beter jou Van verander na jou Pa se Van toe jy is vokkol van ons nie vokkol. Is deur jou wat my huwelik so deurmekaar is.’ Begin sy somer vir my skel. Fatima gryp haar tas en maak laat sy hardloop is net ‘n stof kol wat mens kan sien. ‘Aunty Ronel met alle respek, jou huwelik was maar deurmekaar, dit het niks met my sexualiteit te doen nie, absoluut niks nie…Is fine ek sal my Van verander as dit julle happy sal maak. Maar hou op ander mense blameer vir Oom Jimmy se goed. ‘Ek het nie my stem toon vir haar gelig nie ek het baie beskaafd saam haar gepraat. Dit maak my bitter seer dat alles nou draai om die woord ‘Moffie” dus asof hulle nooit lief vir my was nie, want al wat hulle sien is Basil die Moffie. Wat het geword van Basil die liefdevolle seun wat vir almal omgee en almal tolerate selfs vir David, hy maak my lewe hel maar ek het nooit my hand vir hom gelig nie maar wanner hy ‘n ‘Moffie’ is, is jy net ‘n stuk ding wat deur die wêreld gekruisig word. Sy het nog veder geskel maar ek het ook net my tas opgetel en stadig maar seker na Johannes se Pa se kar gestap. Ek hom gegroet en dus trek ons weg. Ons was oppad hospitaal toe. Dis deur die swaarste storms in jou lewe dat jy die ware kleure sien van die mense wat sê hulle gee om vir jou…. Die weke het geloop, Johannes het stadig maar seker begin gesond raak hy was nog steeds in die hospitaal. Hy het ‘n week terug ‘n verklaring af gelê en bevestig dat dit rerig Jimmy is wat hom aangeval het. Maar ek het nie beter geraak nie toe ek my laaste goed by Fanny gaan kry…wag…ek sal nooit daardie prentjie uit my kop kry sy het demand dat ek alles terug aan haar gee wat sy vir my gekoop het. Sy het my foon gevat en van my Brands klere. En haar woorde aan my was ‘Vuil hond ek wil jou nooit meer sien nie ek hoop jy gaan dood met ‘n Stok in jou hol.’ Die woorde sny my al te seer…ek mean sy kon my ‘n klap gegee het en dit sou niks wees nie maar haar woorde speel tot hierdie dag in my kop. En om te dink dinge op skool sal beter raak nou dat Fatima se geheim uit is, verkeerd. Ek was elke dag gebully, my lunch wat Annemarie vir my elke dag ingepak het was op die grond uit gegooi en gesê ‘Vreet van die grond af jou vark…’ Ek voel hoe die koue in my kom kruip en DIE DONKERTE IN MY KOP KOM WOON. Waar gaan alles eindig as daar ‘n God daar Bo is Hoekom abandoned hy my? Ek is ook een van jou kinders ek bid ook die Onse Vader. Ek wil so graag huil as Annemarie elke oggend vra of ek oraait is maar ek kan net nie my swakheid vir sy en Willem wys nie. Ek smag my eie moeder se stem…ek wil hê sy moet vir my vra of ek okaay is…maar sal sy ooit? Ek bestaan nie vir haar nie, My eie Ma het my nie lief nie. Ek het in Johannes se kamer gesit en uit kyk by die venster. Liefde voel nie eers meer reg nie. Ek is gebreek deur mense se woorde…. Somige dae voel ek nie eers om skool toe te gaan nie maar dan dink ek aan Annemarie en Willem se liefde vir my, hulle gee om. Ek hoop nie Johannes kom ervaar alles wat ek ervaar as hy daar uit daai hospitaal kom nie want die is nie ‘n lewe nie. Daar is dae soos vandag wat ek net wens ek was die een wat in die hospitaal gelê het dat ek die een moes wees. Miskien sou my Ma meer compasion gehad het… Miskien sou sy verstaan as ek seer gekry het… Dus amper Kies jou religion of Kies jou Kind…en sy Kies haar religion. Wat vir my so seer maak is sy was nog 8 jaar laas in ‘n kerk gewees. Weet sy rerig hoe om God te prys? Bid sy ooits? Al hierdie dinge wemel in my kop. En ek bring myself weer terug na realiteit toe ek is nie sensitief nie ek oorreageer nie, dit maak my werklik seer. Ek het nie meer krag om te baklei nie, ek kan nie meer sterk wees nie, ek kan nie meer nie. Ek is ook ‘n mens, het ek gevra om so te wees? Het Ek? Want as dit ‘n keuse is wil ek dit nie hê nie. Ek wil nie want dit vat daardie laaste gevoel van mens wees heeltemaal weg … WEG! My lyf en my hart was nie gemaak vir dit nie ek is moeg om moeg te wees, ek is moeg om te voel soos almal se vuilis drom. Ek is moeg… Ek en Johannes is Voëls van eenderse vere. Al wat ek in die spieël sien is ‘n ‘MOFFIE’ dus seker hoe ek vir die res van my lewe onthou gaan word. Ek sien elke letsel wat hulle woorde op my gesig gelaat het, Waar is gelukkige Basil? Wat net wou sy huiswerk doen en vir paar minute sokker speel. Ek sien hom nie meer nie in die spieël nie. Dus vat ek een van my skool boeke en begin ‘n brief skryf want my mind is Opgemaak ek wil nie meer lewe nie ek wil nie meer voel nie ek wil eenvoudig nie weer deel wees van mens wees. ‘Liewe Ma… Ek skryf die brief omdat ek nie weer die seer kan vat van rejection …ek wou nooit so wees nie Mammie ek wou nie. En om die prentjie in my kop vir die res van my lewe te dra dat my eie Ma my haat is net te veel vir my …ek kan nie meer nie. Ek verkies liewer om dood te wees as om elke dag die haat wat Mammie vir my het te sien en te voel. Ek is lief vir Mammie en ek hoop die maak Mammie se hart bly ek gaan finally saam met Daddy wees miskien sal ek daar gelukkig wees saam met hom. Ek sal oor Mammie waak … Ek vergewe Mammie genuinely. Liefde jou SEUN.’ Die trane loop soos ek die bladsy uitskeer en toe vou. En Mammie voor aan skryf. Ek tel weer die pen op hierdie keer om ‘n brief aan Johannes te skryf. ‘Liewe Johannes my rider op sy wit perd…My sokker Held met sy goue sokker bal. Jou Passie, Jou Lewe… Ek weet dus baie selfsigtig van my om my lewe te neem maar ek kan nie meer hier bly op die aarde wat so vol haat is nie ek kan nie. Ek hoop jy kan dit in jou hart vind om my te vergewe. EK weet ons lewens het skaars begin. Jy weet ek wil nog altyd Varsity toe gaan en studie en hierdie Wonderlike man word. Maar somige mense is nie bestem om gelukkig te wees nie. Ek voel soos ‘n las vir die lewe. En ek weet die gaan my ‘n coward maak want ek wil nie my probleme face nie ek het probeer om sterk te wees my LIEF maar ek is nie sterk genoeg nie ek is nie. EK IS LIEF VIR JOU maar dus nie genoeg nie ek wil saam jou die battle fight maar ek is nie sterk genoeg nie. Jy gaan iemand kry wat nie skaam is vir jou nie wat nie omgee hoeveel woorde mense na julle gooi, jy gaan weer geluk vind. Ek weet die gaan jou HART BREEK. Maar jy moet sterk wees hy het soveel om voor te lewe. Weerheens ek is jammer … ek is lief vir jou en wil hê jy moet dit vir altyd onthou. LIEFDE JOU BASIL…’ Dis nie maklik om by sulke punt in jou lewe te kom. Dus roep Annemarie. Ons gaan eers hospitaal toe en dan gaan ek die trein skool toe vat. Ek sit die briewe mooi en netjies op Johannes se bed neer. Ons ariveer by die hospitaal. ‘Ek sien iemand is op sy bene vandag.’ Gaan ek met ‘n glimlag voort terwyl ek hom versmoor in ‘n drukkie, net versigtig om sy lyf te hou. ‘Ek moet ek wil by die huis uitkom my boyfie en my liefdevolle ouers wag vir my of hoe?’ Gaan hy vroeilik voort. ‘Jy is amper daar boetman net nog ‘n dag en jy is uit hierdie hospitaal, jou Ma beplan om al jou gunsteling kosse te maak.’ Gaan Oom Willem voort. Ek is diep in gedagte. ‘Basil Angel is alles oraait.’ Staan Annemarie nader en vryf haar hand oor my rug. ‘Ja alles is oraait ek is maarnet bietjie nervous, is modelling vandag.’ Lieg ek somer. ‘Alles sal oraait wees Basil jy is mos ‘n yster.’ Gee Johannes my ‘n Kompliment. Well ons moet gaan Basil jy gaan mos nog ‘n rukkie bly?’ Vra Oom Willem. ‘Natuurlik ek het die man gemiss en ek moet hom mos al die juicy details gee van skool.’ Lag ek effens nie juis oortuigend. Hulle groet vir ek en Johannes. Johannes het weer op die bed gaan lê. En ek het langs hom gesit en sy hand in myne gesit en diep in sy oë gekyk. ‘Ek is lief vir jou onthou daai altyd…’ Gaan ek voort terwyl ek sy hand styf in myne vashou. ‘En ek vir jou…vir wat is jy so Erinstig.’ ‘Ek het vanoggend na die Alicia Keys song geluister ‘LIKE YOU NEVER SEE ME AGAIN’ en die woorde sê mens moet lief hê like it’s your last day on earth…want jy weet nooit wanneer is jou laaste dag nie so mens moet in die moment lewe want ‘n another day ain’t really a guarantee ……so wat ek vra voor ek vandag uit die hospitaal loop hou my styf vas asof jy my nooit weer gaan sien nie. ‘Ek ek ryk vir ou laas hoe hy ryk. ‘Ek moet nou gaan anders is ek laat vir skool.’ Sluk ek die knop in my keel. ‘Geniet die dag en kom maak later na skool ‘n draai.’ Min weet hy dus dalk die laaste keer wat hy my gaan sien. Toe ek loop voel ek hoe hy my van agter af kyk en ek draai om. ‘TOT LATER MY LIEFSTE..’ En dus is ek weg… Ek het nie trein stasie toe geloop nie ek het iewers ver geloop in die bosse waar ek weet die trein moet verby kom. Dus kom die TREIN met ‘n spoed aan … ‘VERGEWE MY….’ Hy sing die woorde van die song… ‘So every time you hold me, hold me like this is the last time. Everytime you kiss me…kiss me like you’ll never see me again…’ Basil het hom voor die trein in gegooi........ MY OOG PUNT…EK STUDEER NOG STEEDS… Galasiërs 6:8 ‘Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai, maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.’ Om in die vlees te saai, is om te doen alles wat lekker is, alles wat goed voel, alles wat pret is. Enige iets, so lank die vlees goed voel. Hetsy dit partytjie op partytjie is, dieëet op dieëet, werk op werk, plesier op plesier, wat ookal op wat ookal. Alles wat die vlees laat goed voel, reg. Maar wag so bietjie, het enige iemand gestop om op te kyk na die prys wat vereis word. Watter prys? Siekte, verslawing, beseerings, gebroke mense, armoede, obsessies en so aan en so aan. Die vlees het sy plesier ontvang en dan kom die verderf. My Vriend, God word in die gees aanbid. Daarom is jy in die stryd tussen vlees en gees gewikkel. Die oorwinnig sal bepaal word deur die een waarin daar meer gesaai word, watter een ontvang meer voeding en die gepaste beloning sal volg. Toe God aan ons die Bybel gee, was dit vir ’n doel, dit word nie verniet die Brood van die lewe genoem nie. Om na die vlees te lewe is die makliste, want jy kan doen net wat jy wil sonder om oor die gevolge te dink en daar is beslis gevolge waarvan baie, ons nie bereid is om te dra nie. Om na Die GEES te lewe is verseker die mees belangrikste maar ook die moeilikste, maar, as jy daai pad kies, dan stap Jesus saam, want onthou, Hy was daar. Hy het as Man op die aarde geloop, geslaap, geëet, gebid en aanbid. ALHOEWEL Jesus in die vlees gewandel het, het HY beslis na die gees gelewe. So dit is nie ontmoontlik nie, dit is ’n kwessie van kies. Ek myself is in hierdie stryd om elke dag die vlees te kruisig, moeilik maar nie ontmoontlik nie. Dit is makliker as jy, LAAT GAAN EN LAAT GOD! Gehoorsaamheid, Geloof, Vertroue! Ware woorde: ‘Jy kan enige iets doen in die lewe solank jy bereid is om die gevolge te dra.’ Harde woorde maar nodige woorde. WAAR SAAI JY? VLEES OF GEES….!
Is te stil
Ek wil skree
Wil die Emosie uitkry
Maar jy smoor my....
Jou woorde sny my
Die lettergrepe in Vertroue breek op
Bloed tap uit my oë.
En jy kom nie eers agter nie,
my oë maak geraas
En ek probeer myself bewys.
Ek wil skree wil al die Emosies uit kry
Maar my tong is dik
En ek foseer 'n glimlag...
Dankie Vriend..
Comments