top of page
Search

BEGEERTES

Updated: Nov 23, 2020

‘Arrg Mammie ek en Ammie wil ons taak klaar maak. En Mammie se man speel alwee musiek in die sit kamer.’ My stiefpa het in ons lewe gekom toe ek 10 jaar oud was. Hy is ‘n gemors uit en in. ‘Vader julle kinders het geen respek nie nuh? Dus fine julle kan hier in die kamer julle taak doen maar die deur bly oop.’ Ek het net my kop geskud om aan te dui dat dit reg is. Want sy verdink ons alwee en dus nogal ons sal pornografie kyk. ‘Awe awe masekind!’ Kom my neef my kamer binne. My neef is nes ek, baie still en gefokus op sy skool werk maar wat verskil is hy is ‘n sports man en is altyd by een of ander sokker wedstryd. En duidelik ons sexuality. ‘Awe cuzzie’ ‘Wat sit jy alwee hierso droog Basil? Op hou muis neste kwyk in jou kop! My bru, Wie is die cherry?’ ‘Nah cuz, jy weet dan as ek ‘n cherry gehad het sou jy heel eerste geweet het! So hoe ver is jy met die besigheidstudie taak? Ek probeer vinnig om die Onderwerp te verander. Dus nie die eerste keer wat iemand wil weet wie hierdie ‘meisie’ is wat ek so heeltyd aan dink. As hulle maar net wil weet ek dink maar net baie oor die lewe. Niemand ken my geheim nie. Almal dink net ek sal die regte meisie op die regte tyd ontmoet. Dit was altyd maklik om die sin ‘ek is nog te Klein vir sulke goed (meisies)’ te gebruik. Maar hoe ouer mens raak kan jy nie vir altyd daardie sin gebruik nie. En so het ek en Ammie aan ons taak gewerk deur al die lawaai wat my stiefpa gemaak het. Wat is groter as liefde? Wel in my opinie is God groter as liefde. Alhoewel in my situasie glo mense dat wat ek is verkeerd is in die oë van God. Maar ek weet God is liefde en God se liefde is vir almal selfs die wat sondig. Vir die afgelope paar jaar het ek elke oggend gebid en vir God gevra om my Normaal te maak. Totdat ek self besef het daar is niks verkeerd met my nie. En dat daar vele ander mans en vrouens dieselfde voel soos ek voel. En die beste raad wat ek vir myself kon gee was ‘aanvaar jouself’. Dit is steeds moeilik want ek gee nog altyd voor dat ek ‘n persoon is wat ek nie is. ‘Basil! Word wakker, skool begin oor ‘n half uur.’ Damn Fanny! weet net hoe om my te onderbreuk elke keer as ek julle iets belangriks vertel. ‘Ek maak nou klaar Mammie.’ Die dag het soos gewoonlik begin, ek en Mammie (Fanny) het soos elke oggend vir ons gereed gemaak vir werk en skool terwyl David, my stiefpa, in die kamer lê en wag tot die son tussen sy bene skyn. Hy was werkloos en het soos ‘n tannie heeldag in die son gesit en sy eiers gebak. Hy het gespesialseer in ‘SON SIT EN NIKS DOEN.’ En ek blameer net vir Fanny want sy het hom so bederf. Die yard kan maar hoe vol dysels en bossies is maar sal David dan dink om die graaf op te tel? Glad nie. ‘Ek los vir jou ‘n twee rand op die kas!’ Wat sal ‘n twee rand kan koop, twee pakkies “Go Slos” wat nie een vir my gaan vol maak nie. Ek wou dit hardop sê maar dus die vinnigste manier wat ek in die moeilikheid sal beland. ‘Regso Dankie lekke dag vir Mammie.’ Net toe my Ma weg is, hoor ek voetstappe in die Kombuis. Ek is dadelik Kombuis toe. ‘Maar oom daai is mos my twee rand.’ Ek het vir David red handed betrap steel, my twee rand wat Mammie gelos het. ‘ Nee man, getuie dus myne nou. Sê net iets vir jou Ma en jy gaan spyt wees! Tsek skool toe.’ Ek het niks gesê nie en maar my skool sak gevat en op my rug gesit en toe loop ek maar. Die gaan ‘n lang dag wees sonder kos. Oppad skool toe loop ek vir Fatima raak. ‘n Oulike Clora meisie. Vir een of ander rede flirt sy gedurig saam met my, ek weet net nie hoe om vir haar te sê ek stel nie belang! ‘Hey Basil’ ‘Hey Fatima lekke naweek gehad?’ ‘but of course hottie ek het! Jy moet bietjie saam ons kom uithang.’ ‘Eendag ek belowe!’ Ek wens julle kon my gesig sien ek wil net weg kom van Fatima. Maar dit help nie sy het haar hand om my nek en my regter hand was vir een of ander rede om haar lyf. Die Vader aleen weet hoe dit daar beland het. ‘O so sy is die bokkie!’ Hoor ek ’n bekende stem sê reg agter my. Dus Ammie. Ek wou nog iets sê maar Fatima val my in die rede. ‘Ja ons twee is ’n couple, right Bree?’ Damn ek haat daai nickname, Wie is bree My naam is Basil poplap!’ ‘Well ..uhmmm!’ ‘Goedso neef ek wil mos sê iets is aan die broei.’ Ek het skaars ’n woord uit gekry. Jeez. ‘Ons twee is gemaak vir mekaar.’ Net toe Ammie weg is gee ek Fatima daai kyk, daai WTF kyk. ‘Ons is nie…Hoe kan jy? Nou gaan die hele wêreld weet ek en jy date wat ons nie eers doen nie.’ ‘Wel ons sou een of ander tyd date, might aswell be now!’ ‘Is jy siek in jou kop Fatima? Daar is nie ’n ONS nie.’ En netso loop sy weg met ’n glimlag sonder om iets te sê. Great, eerstens steel my stiefpa my lunch geld, tweedens loop ek in ’n psycho vas wat duidelik nie haar medikasie vanoggend gedrink het nie. ‘Geluk Bru, Fatima is ’n yster net wat jy nodig het.’ ‘Aweh neh,waar kom jy aan daardie shit? Ek en Fatima date nie.’ ‘My bru dit lê die hele skool vol’ Dammit Fatima is eerlik net paar minute en almal weet. Die oulike Johannes van der Wet, het my gevra. Julle wonder seker Hoekom oulik. EK het ’n crush op hom since graad 11 maar hy weet obviously nie. Hy is straight soos ’n paal. Daar is geen manier dat ek eendag in sy arms sal beland. Hy en Ammie is goeie vriende so ek en hy is tegnies ook vriende. Damn hoe gaan ek uit hierdie gemors van Fatima uitkom? As ek net eerlik met almal gewees het die moment toe ek uitvind ek is gay sou hierdie nou moonlik nie gebeur het nie… Maar nee ek kruip mos weg… Dus soos gif, dit eet jou stadig en stadig van binne totdat jou liggaam dit nie meer kan vat nie, hoe lank gaan ek nog met hierdie geheim sit? Dus maklik vir somige mense want hulle weet hul ouers sal tog verstaan. As dit maar net maklik was, as dit maar net Normaal was. Ek wil soos ’n arend wees wat sweef hoog bo in die lug, sonder enige vrees dat ek gaan val. My oë het gesmeek vir hulp, maar my mond was stil. Vir ’n oomblik het ek vergeet van die aklige Maandag wat ek ervaar het. Maar dan onthou ek Fatima Jood. Die meisie wat obsessive is met my, wat vir almal vertel ons date. Miskien is hierdie nie ’n slegte idea om haar ou te wees nie. Miskien sal dit my verander. En dan kan ek Normaal wees en dan hoef ek nie ’n ’coming out’ shit story te create soos die ander gay mense. Sien dus die ding,straight mense hoef nie vir hul ouers te sê dat hulle ’straight’ is nie want dus normal. Die idea dat ek agter Fatima is, my seksualiteit kan wegsteek, klink ongelooflik. “Dus nie ’n goeie idea nie Basil.’ Hoor ek ’n stem in my kop vir my sê. Wel ek is vrek honger dalk verbeel ek my net. Dalk is alles net in my kop. Toe ek by die huis aankom was my stiefpa uit soos ’n kers op die stoep. Duidelik lekker dronk van twee rand ’Skokiaan.’ Dus maar die lewe hier, ek wil amper nie sê ek is nie gewoond, want ek is. Ek is maar versigtig verby hom, want as hy my nou gewaar, dan is die hell los al het ek niks verkeerd gedoen. Die hongerte slaan kwaai, maar die hout brood blik in die Kombuis groet my met krummels. Ja wat, hierdie kan net David se werk is. En arme ek is so bang om ’n woord vir Fanny te sê want soos altyd sal sy hom glo en nie vir my nie. Ek kan na Ammie toe gaan maar sy Ma my auntie hou van skinder… Ek sal skaars vyf minute daar is dan weet die hele gemeenskap, hoe sorg sy haar sister se kind. Dus sal ek nie na haar huistoe verdwaal. Dan besluit ek om maar vir Ammie ’n Whatsapp te stuur, want my maagie begin ’n Whitney Houston song te sing. ‘My bru nxa, jy nie vir my twee snye brood bring, sonder om jou tannie te sê? Sal nxa maak.’ ‘Aweh cuz, ek slaan nou daai nommer maar dan moet jy my huiswerk vir my doen. Het sokker oefeninge, sal nie daarby uitkom.’ Guess dis hoe die lewe werk,’n gunsie vir ’n gunsie. Nadat Ammie vir my die brood gebring het, en sy boeke. Het ek besluit om saam hom sokker oefeninge toe te gaan. Net om te gaan kyk. Maar ek weet mos duidelik ek gaan net om een spesifieke mens dop te gaan hou. En dus Johannes. Ek het die fantasie dat hy my tog eendag met ander oë sal kyk en nie net as Ammie se laastige nerdy neef wat al ewig saam met Ammie is. Ek moet herken ek voel soms soos ’n spaarwiel. Maar ek en Ammie is onskeibaar sedert geboorte. ‘Boet man, gaan jy ons nie vandag bietjie uithelp nie?’ Afrigter Kotze se stem toon laat ek skoon vergeet wat ek besig was om te dink. Daar het ’n spanlid gekort en ek moes in staan. Ek kan nie juis sokker speel nie maar ek kyk dit genoeg ek dit lyk simple, jy skop net die bal vir jou span maat, en probeer die bal van die ander span afrokkel en dan skop jy ’n goal. Wel dalk nie. Hierdie laat ek sommer terug dink toe ek in graad R was en ons nie ’n keuse gehad het of ons wil of nie wil sports speel; ek en my neef was in een span en ek onthou hoe ek agter hom gehardloop het inplaas van agter die bal aan. Die skare se reaksie was prysloos, maar dus toe van daardie dag af wat ek sommer geweet het sports is nie vir my nie. ‘Laat Basil in ons span wees! Coach.’ ‘Nee Hoekom hy is my neef ek het hom hier gebring.’ Johannes en Ammie stry oor in wie se span ek moet wees. Ek kan dit nie glo nie, hoor weet tog seker altwee ek kan nie sokker speel. ‘Woah ouens kalmeer, cuz sorry maar ek wil in Johannes se span wees; net om jou te wys wie die baas is in sokker.’ ‘Aweh aweh, nou praat jy mos Basil.’ Die idea dat hy my op my volle naam roep maak hom net meer en meer aantreklik. Ek het net ’n flou laggie gegee. Terwyl Ammie daar staan met ’n ongelikige gesig uitdrukking. ‘Jy kom nie, meer saam met my nie, jou loyaliteite lê mos by die vyand.’ Ammie is Kinderagtig, maar deep down weet ek dus maar net ‘n act. Die is duidelik net oefeninge hulle is tog almal een span op die einde van die dag. ‘FFFFRRTTT FFFFRRRRTTTT kom manne laat ons begin.’ Iets omtrent die geluid van ‘n fluitjie maak my siek…

8 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page