top of page
Search

Agency 13&14

Updated: Jul 11, 2020

Alvin is oppad huistoe, om vir Savannah skoon klere te gaan kry sy word later vandag onslaan.

(Min weet hy dat daar twee gewapende mans hom in wag by sy huis)

Pieter: Hoor my wat ek sę vandag gaan daar bloed waai, daai heilige Savannah gaan vandag die hemel of wag die hel se poorte betree! Bokke en Skape meng nie.

Die ander man staan en staar maar net vir Pieter aan. Hulle albei lyk wreed en op die oorlog spat uit!

Die hek gaan oop, die wit Golf GTI van Alvin kom die yard binne!

HY maak die deur oop onbewus van wat aan gaan!

Pieter: Good morning shines shine! Hoe’s my SON OP SONDAG? Is alles oraait byrie huis?

Pieter staan met sy revolver gerig op Alvin.

Alvin is so geskrik hy kan skaars ‘n woord uit kry.

Pieter: Waar is daai vrou van jou???

Alvin sę steeds niks..

Pieter begin woedend te raak hy gryp Alvin en slaan hom met een vuis dat hy op die kombuis vloer val.
Die bloed loop by Alvin se neus uit, maar Pieter gee nie ‘n duiwel om nie.

Dan sę hy vir sy handlanger om vir Alvin op te tel en vas te maak aan een van die kombuis stoele.

Alvin (Woedend): Wat soek jy??? Vat net dit wat jy nodig het en los my asseblief uit, ek sal nie polisies toe gaan nie!

Pieter (lag kliphard): Wie sę ek soek iets hier in jou huis, Pel?Dus deur daai vrou van jou wat jy hier sit! Miss perfect Ha Ha, kan nie wag dat sy hierdie partyjie join nie!

Alvin lyk baie confuse, hy wonder wat het Savannah hierdie keer weer gedoen!

Alvin: Vuilgoed!! Jy los my vrou uit!!

Dan gee Pieter hom weer ‘n klap.
Pieter:  Waar is daai crook van “n vrou wat jy het???

Alvin: sy is in die hospitaal!!! Nou sę my wat gaan aan!

Pieter(Lag Hard - Behoorlik) : O so dus waar sy wegkruip!  Jou vrou hou klomp geheime van jou af weg!!! HA HA HA

Alvin weet nie wat om te sę nie, hy glo nie hierdie vreemde man nie, alles maak net nie sin vir hom nie.

Alvin (skreeu): JY LIEG JOU VARK!!!

Dan lag Pieter al hoe harder.

Pieter: Believe it or not my friend!

Alvin: Nou bewys dit!!

Dan haal Pieter die fotos uit, en nog bewyse!

Op die fotos sien Alvin vir Savannah en ‘n vreemde vrou konkel (Louise).

“Dit is steeds nie genoeg bewyse dat my vrou betrokke is by duister dinge nie” sę Alvin ooredend!

Dan haal Pieter sy foon uit, hy druk en druk dan sę hy; “Hoop jy vind dit intersant.”

Hy wys 'n video vir Alvin. (In die video wys dit hoe Savannah half kaal die revolver oor handig aan Louise, met ‘n man wat vas gemaak is. (Die man wat eerste  Savannah se geheim uit gevind het)

En Savannah skreeu, “Skiet die duiwel, skiet hom.”

Dan skiet Louise een skoot deur die man se kop, en Savannah applause maar, skierlik word die Kamera ook geskiet!

Alvin weet nie wat om te sę, hy kan sy oë nie glo nie, hy kan nie glo day hy met sulke gewetenlose slang van ‘n vrou getroud is nie.

Pieter (lag kliphard) Ha Ha kyk net pretty boy, se gesig uitdrukking is priceless en dus nie al nie daar is een helse geheim, maar dit berę ons vir miss perfek om te vertel.

Dan sę Pieter vir sy handlanger ( Wat soos Hemelbesem lyk op Pasella) om vir Alvin dop te hou.
Hy is oppad hospitaal toe om vir Savannah te gaan kry.

Savannah sit moedeloos en wag vir Alvin, wat nie uitkom nie, sy bel sy foon maar dit hou net aan lui en dan gaan dit oor na voicemail.

Savannah sien iemand bekend, dus Bonita, haar “Useless” Assistant.

Savannah roep dan kliphard vir Bonita.

Uiteindelik kyk Bonita om en sien toe dat dit Savannah is.

Bonita: Mevrou wat maak u hier???

Savannah: Lang storie, kan jy my asseblief huistoe neem?

Bonita: dit is Doodreg mev, ek gaan kry net my ouma!

Bonita het darem gou gemaak, toe Savannah weer sien, kom sy terug met haar ouma in ‘n rol stoel.

Savannah voel so sleg want sy wou nooit vir Bonita afgee wanneer sy vra om haar ouma dokter toe te neem.

Sy kan sien dat Bonita se ouma baie siek is.

Sy staan dan nader en groet Bonita se ouma, maar die ouma praat nie ‘n woord  nie, DOODSTIL.  Dan stel Bonita vir Savannah voor,  En vertel vir Savannah dat haar ouma stom is, sy kan nie praat nie.

By die kar vra Bonita vir Savannah om haar te help om die ouma in die kar te kry. Savannah help dan vir Bonita.  Savannah en Bonita is lekker aan die gesels.  Sy besef nou eers dat Bonita eintlik ‘n "nice" persoon is.

Bonita ry tot voor Savannah se hek,

Bonita: Sal ek mev in help?

Savannah: asseblief my liewe mens, wat sou ek sonder jou doen! Alvin weet ek word vandag onslaan maar hy foeter rond die Sondag!!!

Dan klim Bonita uit en loop oor na Savannah se deur toe en maak vir haar die deur oop!

En neem haar pille en vat haar aan die hand!

Hulle twee het die ouma in die kar gelos.  Voor Savannah die kombuis deur oop maak, kan sy aan haar voel iets is nie reg hier nie.

Sy gee, Bonita die sleutels om oop te sluit, toe hulle binne kom sien hulle dadelik vir Alvin wat vas gemaak is.  En net toe Savannah wil hardloop om vir Alvin los te maak, voel sy ‘n rewolwe teen haar kop.  Sy skreeu vir Bonita “HARDLOOP NOU” Pieter se handlanger, wat soos Hemelbesem lyk, kan nie agter Bonita hardloop nie want dan gaan Savannah ontsnap! Bonita hardloop langs die swembad tot en by haar kar.  Sy spring in vinnig en jaag met ‘n spoed weg met haar ouma in agsterste sitplek,,

Die man het vir Savannah langs Alvin vas gemaak en tape om haar mond gesit.  Hy bel toe vir Pieter om te sę wat het gebeur; (Pieter was pas by die hospitaal gekom het, het vinning terug gejaag)

By die polisie stasie is die lyne so lank, Bonita, besluit dan om hard te skreeu sodat iemand haar kop toe vat, die polisie vrou het toe na haar gekom om na die klag te luister.

Pieter was baie vinnig by Savannah hulle!

Pieter:  Toe nou, kyk wie het die party gejoin!

Dan pluk hy die tape van Savannah se mond af!

Savannah: los ons, die polisie is oppad, ek sal jou jou geld betaal!!

Pieter: Dus nou te laat “One OF you must DIE!!” En ek weet wat gaan jou die seerste maak waneer ek die koel deur jou man se hart blaas, en jy watch, Oh ek vergeet jy is mos daai gangster vrou, wat kyk hoe mense vermoor word.

Dan hoor Pieter die sirene van die polisies! Toe die polisies arriveer, hoor hulle net een harde gun shot.

Toe hulle binne kom sien hulle Savannah is vasgemaak en Alvin is deur die hart geskiet, hulle het dadelik die yard bekamp maar daar was geen teken van Pieter nie.

Savannah (sit moedeloos en huil, die trane meng so met die snot): NEEE NEEE NEEE nie Alvin ook, hy was die liefde van my LEWE!!!

Die polisie het die hele week na Pieter en sy handlanger gesoek, en Savannah was besig om Alvin se begrafnis te reel,  En uiteindelik die Vrydag toe vind hulle die twee!

Pieter het aan die polisie verduidelik waarom hy dit gedoen het, hy het ook aan die polisie die bewyse gegee wat hy teen Savannah het.
Saterdag het aan gebreuk, al Savannah se familie was by die begrafnis, en Alvin se familie.  Savannah het hart seer gehuil, toe hulle by die kerk kom, kom daar twee polisie behamptes in.

Polisieman 1: Jammer om die begrafnis te onderbreek, maar ons kan nie langer wag, ‘n krimineel behoort agter tralies, en is ‘n gevaar vir die samelewing!

Savannah staan op en stap na die polisieman toe.

Savannah (Histeries ) Meneer ons begrawe my man hier!!! My man! Julle kan na die begrafnis die persoon arresteer wat julle soek!

Polisievrou: Staan dan nader! Mev U word gearesteer vir die moord van ‘n getuie, en vir dwelms en dagga wat jy al die jare uit en in die land smokkel.  U het die reg op ‘n prokereur! 

Dan maak hulle vir Savannah vas, sy gil behoorlik.

“Kan ek tog net my man begrawe!!! Skreeu en huil Savannah terwyl hulle haar uit die kerk escourt! Die Lesbiese prediker loop saam met Savannah tot en by die polisie kar en sę (It is what it is!)

Almal is verbaas, Alvin se ma se dat sy geweet het hierdie vrou is slegte nuus!

Savannah het 20 jaar tronkstraf gekry en Louise het 40 jaar tronkstraf gekry.  En die ander twee het lewenslank tronkstraf gekry vir die moord van Alvin.

 Bonita het Savannah se maatskappy oor gekoop, en bestuur dit suksesvol!

Savannah se sondes het haar ingehaal, Moet nie doen aan anders wat jy nie aan jouself wil doen nie.

Een oggend het iemand vir Savannah in die stort gesien.  sy het aan haarself gekrap asof sy luise het, KRAP,KRAP,KRAP totdat sy  gebloei het...

Die einde tot volgende keur my vriende…

They always say " Still waters run Deep"

7 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Kommentit


All Videos

All Videos

bottom of page